’n Bendelid wat destyds vir die dood van ’n kleuter en ’n vrou verantwoordelik was, is Dinsdag ’n vonnis van 30 jaar tronkstraf deur die Wes-Kaapse hooggeregshof opgelê.
Die hof het Antonio Booysen tot 68 jaar gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan twee moorde, drie pogings tot moord en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Hy moet effektief net minder as die helfte van die vonnis uitdien.
Die vrou en vyfjarige meisie is op 1 Januarie 2020 in Flamingo Park in Atlantis dood toe drie bendelede op ʼn lid van ʼn ander bende losgebrand en dwaalkoeëls hulle getref het. Die bendelede het ook op drie ander mense geskiet.
Hulle is ná die voorval in hegtenis geneem en borgtog geweier. Dit is nie duidelik wanneer die ander twee bendelede gevonnis gaan word nie.
“Ons hoop dat die [slagoffers se] familie berusting sal vind en dat die vonnis ander mense sal ontmoedig om soortgelyke dade te pleeg,” het die Wes-Kaapse polisie in ʼn verklaring gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
Wel gedaan!
Moet nie probeer voorgee dat mense ‘n ‘verewige’ straf kan toedien, nie.
As hy op parool vrygelaat word kan hy die res van sy vonnis gemeenskap diens doen. Hy kan byvoorbeeld namens die polisie ingestuur word om tussen beide te tree sodra twee groepe bendelede op mekaar begin skiet. Hulle sal mos nie hom skiet nie, of hoe?
Puik !!!!!!!!!!!!!!!!!
Niks sal hulle ontmoedig nie. Hul het nie eers selfrespek nie waar nog respek vir ander se lewe