Bendelid lewenslank tronk toe vir moord

court-hammer_thumbQuinton Cordom is Maandag tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die moord op ʼn verkeersbeampte en ʼn vyandige bendelid.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê Cordom (27) is tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moorde, ses jaar vir oortredings wat met bendegeweld verband hou, 15 jaar tronkstraf vir roof met verswarende omstandighede en ʼn verdere 18 jaar tronkstraf op aanklagte van die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Cordom is skuldig bevind aan die moorde op Wesley Woodman (35), ʼn verkeersbeampte, en Said Ariefdien. Hulle is in April verlede jaar in Lavender Hill doodgeskiet. Ntabazalila sê Cordom was ʼn lid van de Luciano Boys-bende terwyl Ariefdien ʼn lid was van die Junky Funky Kids-bende.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.