Bendelid tronk toe vir 7-jarige se skietdood

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn Bendelid wat ʼn sewejarige seuntjie op die Kaapse vlakte tydens ʼn bendeskietery doodgeskiet het, is vandeesweek in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis.

Tasliem Bianchi (33) het ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan waarvolgens hy skuldig bevind is aan sewe aanklagte, onder meer moord, twee aanklagte van poging tot moord, en onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

Hy is altesaam 55 jaar tronkstraf vir die aanklagte opgelê.

Die tragiese voorval het op 3 September 2017 gebeur toe die sewejarige Ezra Daniels buite sy ouerhuis in Parkwood saam met ʼn maatjie gespeel het. ʼn Wit VW Golf het verbygery en die insittendes het losgebrand op ʼn lid van ʼn ander bende. Ezra is raakgeskiet en het in die straat gesterf.

Bianchi is later as die skieter geïdentifiseer en saam met vier ander verdagtes in hegtenis geneem. Sy saak is egter van sy medebeskuldigdes s’n geskei toe hy ingestem het tot ʼn pleitooreenkoms met die staat.

Die ander vier beskuldigdes se verhoor sal môre begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johanna Botha ·

Die bende bedrywighede is soos n kanker vir die land …vernietig baie lewens en bring net die slegte uit in mense !

Jakes Jacobs ·

Ek stem saam Johanna. Daar moet oorlog verklaar word teen hierdie bendes. in die Kaapse vlakte is niemand veilig nie. Dit gaan net oor dwelm smokkellaary. Die bendes is defnitief nie’n aanwins vir die land nie.

? leser ·

ek stem saam met die kommentare, dit sal in elk geval nie die ander bende bedrywighede verhoed om net verder aan te gaan om mense se lewens te verwoes nie ? = ?

Oom Willem ·

Geregtigheid? ‘n Geweldenaar neem ‘n onskuldige kind wie se lewe nog voorlê en hy mag nog 55 jaar lewe. Bring terug die doodstraf vir sulke mense want hy het geen reg op lewe nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.