Bendelid vas vir moord

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Vrou wat glo ʼn lid is van die sogenaamde 28’s-bende is in Kaapstad in hegtenis geneem op aanklag van moord en dwelmhandel, het die Wes-Kaapse polisie gesê.

Kapt. FC Van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die 27-jarige vrou van Bellville het die polisie die afgelope twee maande ontduik. Sy is Vrydag by ʼn casino in hegtenis geneem.

Van Wyk het gesê die verdagte sal binnekort in die Kaapstadse landdroshof verskyn op aanklag van moord, dwelmhandel en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.