‘Bendelid’ voor leerders aan die brand gesteek

Lede van die gemeenskap by die plaaslike polisiestasie. Foto: Verskaf

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, sal Vrydag ʼn hoërskool aan die Oos-Rand besoek waar ʼn vermeende bendelid vandeesweek ten aanskoue van leerders aan die brand gesteek is.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, sê die grusame voorval het Woensdag by die Unity Secondary School in Daveyton, Benoni, plaasgevind.

Volgens Mabona het lede van die gemeenskap ʼn vermeende bendelid na die skool geneem om aan hulle ʼn leerder uit te wys wat glo ook deel van die bende is. Nadat die leerder nie gevind kon word nie, het die bendelid probeer om van die woedende skare te ontsnap. Hulle het hom gevang en ten aanskoue van leerders aangerand.

“Die gemeenskap het die man na ʼn area langs die skool gesleep, waar hulle hom verder aangerand en aan die brand gesteek het,” het Mabona gesê. “Die betrokke bende word van gruwelike misdade in Daveyton verdink, insluitend rooftogte en moorde.”

Grafiese foto’s wat tydens die voorval geneem is, toon hoe ʼn buiteband oor die man getrek is voordat hy aan die brand gesteek is. Op ʼn foto wat ná die voorval geneem is, kan gesien word hoe die man erge brandwonde oor sy hele lyf opgedoen het.

Volgens Mabona is die man tans in die hospitaal waar hy vir die brandwonde behandel word. ʼn Saak in dié verband is by die polisie aanhangig gemaak.

Lesufi sal die skool besoek om leerders toe te spreek oor bendes en bendebedrywighede. “Ons veroordeel die voorval en die ontwrigting van die skool se akademiese program ten sterkste en doen ʼn beroep op die gemeenskap om kalm te bly en die gereg toe te laat om sy gang te gaan. Skole is sentrums van onderrig en leer en moet as sodanig hanteer word,” het Lesufi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Alida ·

En dit het natuurlik voor ’94 ook gebeur! Dit is absolute barbaarse optrede.

Cherokee ·

Alida, as ek reg onthou is jy lid van die DA. Dieselfde DA wat hulle al die jare beywer het vir ‘n meerderheidsregering. Onthou asseblief dat die huidige Suid Afrika is juis die wat die DA voor gestem het.

Cherokee ·

Swart meerderheidsregering is waarvoor die DA hulle beywer al die jare, Alida.

H.A. ·

Mabona sê: bendes pleeg gruweldade ens. Die leerders van die skool doen dan presies die dieselfde. Nou waar staan ons eindelik ? Skole wat misdadigers opleiding gee !

Frans ·

Lesufi sê dat “skole is sentrums van onderrig en leer en moet as sodanig hanteer word”. Wat was die skole dan wat tot sover afgebrand en geplunder is? Verstaan nie sy “logika” nie.

Frikkie Geld en huis ·

Stuur die leerders vir berading, Lesufi. Miskien leer hulle meer daar as by die skool.

Andrea van Vuren ·

Frikkie, ek’s bevrees Lesufi gaan die leerders nou na die beskaafde Afrikaanse Hoërskole in Benoni toe stuur. Moet daai vent nie ‘n oop deur gee nie…

Callie ·

En so word alles weer volbring. Baie lank gelede is dit gestel, wie boeke brand sal later mense brand. Het die sekeres dit nou al hoeveel keer gedoen

pieter ·

Panyaza Lesufi het volgens sy “nuwe onderwys planne” gesê, presies hierdie tiepe mense moet nou ook “toegelaat” word om redelike onderwys te ontvang! Hulle is mos geregtig as iemand wat agterwee gelaat is a.g.v. Jan van Riebeeck se aankoms en grond grype destyds!! – Alles sal daarna ” wonderbaarlik verander” en bendes sal ontbind en op hulle stukkie “re-claimed land reform” ‘n hoogs suksesvolle boerdery begin, wat alle vorme van dwelms en bendes sal ontbind, a.g.v. die nuwe geleentheid wat geskep is in hierdie wonderlike “ontwikkelende land”. Suid Afrika…………

Stuiwer ·

Ouers sal summier hul kinders na ander plekke neem vir onderrig, want NIEMAND is bereid dat hul kinders se veiligheid bedreig word nie. Wonder wat hulle dan sal doen?

Die waarheid ·

As ek hierdie goed vir die mense hier in die buuteland vertel kan ek sien hulle glo my nie. Al wys ek die fotos. Dit is wragtig net in afrika wat so iets sal gebeur. Die res van die wereld is soos die blankes in sa baie betrokke by hulle kinders en sal nie so iets duld by n skool nie. Dis van om te huil.

Stuiwer ·

Dit het alles te doen met OPVOEDING en WAARDES en niks met iemand se kleur nie.

Skokkend ·

Maar hy druk dat hierdie mense SE KINDERS in AFrikaanse skole geakkommodeer word? IS dit nie vreemd hoe laag sy standaarde is nie? Is dit vir hom aanvaarbare gedrag? Maak nie saak van WAT hierdie bendelede verdink word nie. .. wat se mentaliteit het hierdie mense om iemand aan die brand te steek? Dan moet hulle kinders langs jou kind sit en geskiedenis leer ??? . DIT IS OMDAT JULLE DIE BINNEBAND KONINGIN STEEDS VEREER EN VIR HAAR ‘N STANDBEELD WIL BOU EN LUGHAWENS LAAT VERNOEM NA HAAR DAT DIE GOED NOG GEBEUR. SELFS WITTES HET GEDINK WINNIE WAS AWESOME.

Cherokee ·

Hoe waar dit is weet ek nie maar daar is bewerings komende uit ingeligte bronne dat die regering beoog om die lughawe in Pofadder te vernoem na Eugene Tere’Blanche.

Stuiwer ·

Ek kan jou waarborg dat wittes nie dink Winnie was awesome nie, miskien diegene wat hand op die blaas met die ANC is, omdat hulle te bang is om standpunt in te neem.

Stuiwer ·

Wat gaan met ons samelewing aan? Die hel is behoorlik los. ‘n Lewe is al lankal niks meer werd nie. Ek hoop die oortreder gaan lewenslank tronk toe. Dis jammer dat die doodstraf afgeskaf is, want dit sal ‘n meer gepaste straf wees . Lesufi is self ‘n ou moeilikheidmaker en nou wil hy vir die kinders kom vertel van bendes en bendebedrywighede. Daar is ongelukkig massiewe sosiale probleme in hierdie land en as dit nie uitgesorteer word nie, gaan misdaad net vererger.

GM ·

Die ministers moet eintlik verplig word om hul kinders ook in die openbareskole in te druk waar hul al die ongewenste elemente so wil indruk oral. Dieselfde met staatshospitale. As jy deur die belastingbetaler betaal word om die land in die afgrond in te regeer, dan moet jy in ‘n staatshospitaal behandel word. Slegs dan sal dinge begin om te verbeter.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.