Bendeoorlog wortel van kwaad in Westbury

Dele van Westbury lyk soos ’n slagveld ná die openbare geweld waartydens agt mense in hegtenis geneem is. Foto: Facebook

Agt mense sou na verwagting Dinsdagoggend in die hof verskyn nadat hulle in Westbury vir openbare geweld in hegtenis geneem is tydens die voortslepende betogings teen bendes en ander misdade.

Michael Sun, Johannesburg se burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, het Dinsdagoggend gesê sommige inwoners maak hulle skuldig aan meer as protesoptrede. “Dit het nou in misdadige aktiwiteite ontaard,” het hy in ʼn onderhoud met 702 gesê.

Kapt. Kay Makhubela, Gautengse polisiewoordvoerder, het intussen aan Maroela Media gesê Bheki Cele, minister van polisie, word 11:00 in Westbury verwag om “interaksie met die gemeenskap te hê”. Gevra of hy die geweld wil probeer stopsit, het Makhubela herhaal die doel van sy besoek is “interaksie met die gemeenskap”.

ʼn Predikant wat reeds ʼn leeftyd onder lidmate in die bruin woongebiede van die Witwatersrand werk, sê die situasie bly gespanne. Dit het in elk geval die afgelope jare so onveilig in Westbury en omliggende voorstede geword, hy is bang om huisbesoek te doen.

Die Gereformeerde predikant dr. Jerry Hope werk al sedert 1972 onder bruin lidmate van die Witwatersrand. Foto: Verskaf

“Bendebedrywighede en dwelmmisbruik is ʼn groot probleem, maar niemand wil verantwoordelikheid aanvaar vir wat daar gebeur nie,” sê dr. Jerry Hope, wat van 1972 tot 1977 predikant van die Gereformeerde gemeente Newclare (in Westbury) was, maar sedert sy emeritaat in 2008 steeds nou betrokke is by sy kerk se bediening in Eldorado Park, Reigerpark en die weste van Johannesburg.

Hy sê die polisie, bendebase en gemeenskapsleiers verkwalik mekaar oor en weer vir die oproer, wat intussen na Reigerpark in Boksburg versprei het, wat dit uiters moeilik maak om ʼn oplossing te vind.

“Daar was al bendes, soos die Fast Guns, toe ek destyds predikant van Newclare [wat Westbury insluit] was,” vertel Hope, “maar intussen het die dwelms ingekom, en nou sit ons met die probleem van bendes wat oor gebiede baklei.”

Hy sê die invloedryke mense wat ryk word uit die dwelmhandel, bly op die agtergrond en gebruik die “klein outjies” om hul vuilwerk te doen. “Die mense wat agter die dwelmhandel sit, is in noue samewerking met die polisie,” beweer hy. “Dis ooglopend, al het ʼn mens nie bewyse nie. Dit gaan al jare lank so aan.”

Intussen bekommer dit hom dat maatskaplike euwels hoogty vier. “Dis ʼn baie onaangename situasie,” sê Hope. “Omdat die bruin mense in die huidige bestel agterweë gelaat is, het die meeste van die mense [in gebiede soos Westbury] hulle aan drank en dwelms oorgegee.”

Hy meen nog ʼn probleem is dat jong vroue met welgestelde buitelanders trou om hul lewensomstandighede te verbeter. “Buitelandse mans kan baie makliker met ons meisies trou omdat daar nie hindernisse soos lobola is nie, maar die meeste van dié mense is by misdaad betrokke, veral dwelms. Dis ʼn bose kringloop.”

Hope was ná sy gesprek met Maroela Media op pad om ʼn lidmaat in die hospitaal te besoek wat geskiet is toe gewapende rowers haar en haar man in hul huis oorval het. “[Wetstoepassing is so gebrekkig], aanvallers kom net in by ons mense se huise en neem wat hulle wil,” sê hy. “Ons mense se omstandighede is vreeslik.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

waarheid ·

Tipiese S A Polisie. Niemand het respek vir hulle nie. Meeste van hulle is ook kriminele.
Hulle dra net die uniform om voor te gee hulle is polisie sodat hulle ongestoord met hulle kriminele bedrywighede kan aangaa.

AW ·

For Those whom have No Understanding- Nor an Appreciation of the Workings of the Police, Please read the following books…..and “see” how continious “Restructering” and constant Political Interference has contributed to the police’s “disfunctional ability” to Police South Africa within Primary, Secondary, and Tertiary Crime Prevention and to Fulfill its Constitutional Mandate within Cohesion with the other Role Players within the Criminal Justice System.

A Country At War With Itself – South Africa’s Crisis Of Crime (Antony Altbeker)

The Dirty Work Of Democracy (Anthony Altbeker)

Thin Blue: The Unwritten Rules Of Policing (Jonny Steinberg)

Behind The Badge – The Untold Stories Of South Africa’s Police Service Members (Andrew Faull)

AW ·

“I know we live in a fallen world,
But just because I breath corrupt air,
Rub elbows with corrupt men,
Never, make the mistake of thinking 
That I am corruptible!!”
[Live by Night]

Misdaad & geweld ·

In die Kaap is dit apartheid en die gedwonge verskuiwings se skuld in Johannesburg darem n slag die ANC se skuld net nooit me myself and i nie

AW ·

“Every society gets the kind of criminal it deserves. What is equally true is that every community gets the kind of law enforcement it insist on.” (Robert F. Kennedy)

Hendrik ·

‘n Geldige stelling in ‘n homogene gemeenskap ten opsigte van ras. Indien een groep egter deur deur ‘n meerderheid oorheers word, kan die minderheid nie hulle eie politieke leiers en polisie self kies nie. In SA is dit die witmense en kleurlinge se lot.

Wurmpie ·

As dit die bendes is hoekom alles wat niks met dit te make het afbrand. As die polisie te sleg is vang hulself. Nou word die hele infrastruktuur verwoes oor ń klomp misdadigers

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.