Bendeverkragters kry 69 jaar tronkstraf

Argieffoto

Argieffoto

Sewe mans wat skuldig bevind is aan ʼn bendeverkragting in Heilbron in die Vrystaat, is Woensdag in die Sasolburg-landdroshof gesamentlik tot 69 jaar tronkstraf gevonnis.

Konst. Peter Kareli, ʼn woordvoerder van die polisie, het Donderdag gesê die 24-jarige slagoffer en haar 31-jarige kêrel het een aand in Februarie 2013 van ʼn kuierplek in Heilbron gestap toe nege mans hulle oorval het.

“Die mans het die kêrel aangeval en met stokke aangerand, waarna hulle drie selfone en ʼn onbekende hoeveelheid kontant van hom gebuit het,” het Kareli gesê. “Lede van die bende het die man verjaag en ʼn ent agter hom aangehardloop. Drie het agter gebly, die vrou in ʼn veld ingesleep en haar al om die beurt verkrag. Die res van die groep het later by hulle aangesluit en ook beurte gemaak om haar te verkrag.”

Die kêrel het intussen die polisie se hulp ontbied. Hulle is saam na die toneel waar hulle die slagoffer aangetref het.

Al nege verdagtes is dieselfde aand aangekeer, en die gesteelde besittings is teruggekry. Al nege het tereg gestaan op aanklagte van roof en verkragting.

Thabiso Nhlapo (21), Sello Zwane (22) en Thabang Kubeka (18) is elk tot 12 jaar tronkstraf gevonnis. Mpho Mofokeng (18), Seun Mofokeng (18), Pule Mofokeng (18) en ʼn 17-jarige wie se naam nie genoem mag word nie, is elk tot sewe jaar tronkstraf gevonnis.

 

Aanklagte teen twee van die verdagtes is tydens die verhoor laat vaar nadat dit aan die lig gekom het dat hulle onskuldig is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eileen ·

Hoekom is hul vonnis so lig? Is dit ‘n kwessie van “”tweedehandse of reeds gebruikte” dat hul so lig hiervan afgekom het. Werk mosnie so nie – verkrag is verkrag.

PURE BOER ·

BESTE IS DAT ONS REG IN ONS EIE HANDE MOET NEEM.
Ons hele land is n bespoting.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.