Benni McCarthy tydens haarsny beroof

Benni McCarthy Foto: listas.20minutos.es

Benni McCarthy Foto: listas.20minutos.es

Benni McCarthey, die voormalige Bafana Bafana-speler, het Dinsdag by ʼn haarsalon in Johannesburg onder gewapende rowers deurgeloop.

Eyewitness News berig die voormalige sokkerspeler, wat pas van ʼn vlug uit Parys, Frankryk geland het, was in Melrose om sy hare te sny toe drie gewapende mans ingestap en hom beroof het.

Soccer Laduma berig ʼn ooggetuie in die haarsalon het gesê die voorval het net na middagete plaasgevind.

Percy Adams, McCarthy se bestuurder, het aan EWN gesê Benni se horlosie, oorbelle en trouring is gesteel.

Na bewering is slegs Benni in die winkel geteiken. Die rowers het die ander klante ignoreer.

Volgens Adams het die verdagtes die vuurwapen in McCarthy se gesig gedruk en vir hom gesê hy moet gou maak.

Volgens KickOff het die drie in ʼn swart BMW gevlug.

Geen skote is gevuur nie en niemand is beseer nie.

Bron: News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

ladybug ·

hoekom is dit nuus?Wie gee om? net omdat hy ‘n sogenaamde “celebrity” is? Duisende mense word daagliks beroof, vermoor, verkrag, so ek verstaan nie hoekom dié voorval so uitgesonder word nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.