Benoni-botsing eis twee

'n Foto van die toneel. Foto: ER24

‘n Foto van die toneel. Foto: ER24

Twee mans is Donderdagaand in Benoni aan die Oos-Rand dood toe hul voertuig ʼn vragmotor getref het.

Volgens Luyanda Majija, ʼn woordvoerder ER24, het die ongeluk in Modderweg plaasgevind. “Die mans was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het sy gesê. “Die mans se liggame moes deur die brandweer uit die wrak gesny word.”

Die vragmotorbestuurder het geringe beserings opgedoen.

Plaaslike owerhede ondersoek die voorval.

Die oorledenes se name is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Meneer ·

Dankie vir die mense wat hulle vragmotors getrou onderhou. Daar is ongelukkig egter diegene wat dit nie doen nie en sommer drywers aanstel met hopeloos te min ondervinding. Die berig sê nie hoe het die ongeluk gebeur nie, maar dit het my net weer herinner aan hoeveel maal ek al in die donker ‘n stukknde trok langs die pad sie staan het – sonder enige ligte of waarskuwingsdriehoek. Dan is die trok ook so vuil dat die “chevron” ook absoluut geen doel dien nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.