Benoni-broers in veiligheidskompleks aangeval

Argieffoto

Argieffoto

Twee broers is Woensdag in die vroeë oggendure deur gewapende mans in hul meenthuis in die Mashoba Lodge-veiligheidskompleks in Benoni aan die Oos-Rand aangeval.

Sers. Lesiba Sekele, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê twee verdagtes het die broers, onderskeidelik 47 en 53 jaar oud, se huis omstreeks 03:00 betree.

“Volgens die slagoffers se bejaarde ma, wat tydens die voorval ook in die huis was, het sy wakker geword toe sy skote en ʼn geraas in die huis gehoor het,” het Sekele gesê.

Die vrou het ondersoek ingestel en gesien haar seuns stoei met die verdagtes en daar was bloed op die grond. “Terwyl die verdagtes met die broers gestoei het, het hulle aanhoudend gevra ‘where is the money’. Hulle het uiteindelik net die bejaarde vrou se handsak met geld en dokumentasie daarin gegryp en gevlug.”

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het aan Maroela Media gesê met die paramedici se aankoms by die toneel was die 53-jarige broer in ʼn kritieke toestand nadat hy verskeie kere geskiet is. “Daar is aanvanklik gedink die ander broer is ook geskiet, maar dit wil voorkom of hy net erg aangerand is,” het sy gesê.

Die ouer broer moes met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë private hospitaal geneem word en die jonger broer is met ʼn ambulans na ʼn staatshospitaal geneem.

Sekele het gesê die polisie ondersoek twee sake van poging tot moord en ʼn saak van huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Riette ·

Wat op aarde gaan nog van ons word, on is nerens meer veilig nie. Brin terug die doodstraf asb

Winston ·

Misdadigers wys net hierdeur dat daar niks is in hulle pad van dood en verwoesting nie. Met die regstelsel wat sy greep verloor het om n ordelike samelewing te verseker, aan hulle kant.

Cabous ·

Is dit nie dalk die selfde twee moordernaars wat die jong pa in sy huis in Boksburg dood geskiet het nie? Die lot het geen genade nie, het hulle gekom om te roof, om net om te moor?

Benita de Beer ·

Ek wonder net hoe kom die verdagtes in sulke “veiligheids komplekse” en hoe vlug hul weer uit sonder dat iemand hul toegang en ingang weier??

Nie Naam ·

Benita, ek werk self by n veiligheids kompleks, hulle grou gate onder deur die fence gaan daar in en uit sonder dat enige iemand iets agter kom, hulle maak seker van hulle “spot” nie almal het cameras of alarms op die fence nie

Dave ·

Wel, doen dan iets daaromtrent! Stel voor aan die regspersoon of aan die raad van trustuus dat ‘n sementstrook aan die binnekant van die heining gedoen word wat sal beteken dat hulle ‘n 2 meter of langer tonnel moet grawe as hulle wil deurkruip en dan sal jy miskien ‘n naam kry.

Hettie ·

Ja doodstraf moet terug!!!!!! Lyk elke dag moord, aanval, ens!

Leon Olivier ·

Mense mense mense. Elke artikel hierdie laaste jaar lees ek waar mense binne hulle huise aan geval word. Dan sien ek daar was geen alarm stelsel in plek. Hoe kan jy gaan slaap sonder om jou zones aan te skakel wat nie gebruik word? Verstaan julle dit nie jy behoort n waarskuwing stelsel in plek te hê wat jou kan wakker maak as iemand probeer in breek. As jy sensors buite jou huis ook het nog beter. By elke deur wat na buite gaan n panic knoppie hê wat jy net kan druk en dan by elke bed in die huis ook. Natuurlik verkies ek dat jy n wapen byderhand ook het. Jy kan en sal nie in my huis kan in kom sonder dat ek daarvan weet nie. Ek het twee serenis wat af gaan. By my motorhuis flikker daar n rooi lig ook sodat my bure kan sien waar gaanbdie alarm af. Dis die maklikste ding en n goeie gewoonte om jou alarm aan te skakel binne die huis wanneer jy gaan slaap. My buite alarm is altyd aan. Regtig waar ek bly ongelooflik lekker in SA ek geniet my land, maar ek het die verantwoordelikheid as n man in die huis om my familie veilig te hou. As jy nou nog nie n systeem in plek het wat jou kan waarsku teen die gevaar daar buite dan het ek nie n antwoord vir jou.Tye het verander en ons almal weet dit. Ek wil net sê my arm response ouens is blerrie goed en vinnig ek is baie trots op hulle.

Anita ·

Happy, dit is tog seker goedkoper as ‘n begrafnis en minder traumaties?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.