Benoni-gesin gebroke ná tienerseun se raaiseldood

Michael Gordon Ross. Foto: Verskaf

Michael Gordon Ross. Foto: Verskaf

ʼn Tienerseun van Benoni se familie is ontroosbaar nadat sy liggaam in stukke langs ʼn treinspoor in Benoni, oos van Johannesburg gevind, is.

Michael Gordon Ross (17) se liggaam is Maandag gevind nadat hy reeds weke lank vermis was. Hy was ʼn leerling aan Hoërskool Hans Moore.

Inge Harris-Webster, Ross se stiefsuster, het Woensdag aan Maroela Media gesê haar broer het by sy 26-jarige halfbroer in Benoni gewoon. Op Sondag 12 April sou Ross sy broer en nog vriende by ʼn dam ongeveer twee kilometer van hul huis af ontmoet het. “Hy het gesê hy gaan sommer dam toe stap en op pad soontoe het hy by ʼn vriend van hom gestop,” het Harris-Webster gesê. “Hy het vir sy halfbroer ʼn boodskap van die vriend se selfoon af gestuur om te sê hy het sy selfoon by die huis vergeet, maar hy is nou op pad dam toe en hy sal hulle daar ontmoet. Hy het nooit by die dam opgedaag nie.”

Volgens Harris-Webster het die familie Ross by die polisie as vermis aangemeld. Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste persone op te spoor, het ook gehelp met die soektog en ʼn private speurder se hulp is ingeroep. Ross se liggaam is uiteindelik deur ‘n man gevind wat vuurmaakhout in die area opgetel het.

Dit is nog onduidelik hoe Ross dood is, het Harris-Webster gesê, maar ʼn nadoodse ondersoek sal gedoen word. “Ons is oortuig hy is vermoor, daar is nie eers twyfel daaraan nie,” het sy gesê. “Ons weet nie of hy dood is toe hy voor ʼn trein ingestamp is en of hy eers vermoor is en sy liggaam toe voor ʼn trein ingegooi is nie. Die nadoodse ondersoek sal dit seker bepaal.”

Volgens Harris-Webster was haar broer ʼn slim en gelukkige kind wat goed presteer het op skool. “Hy was nie betrokke by onderduimse goed nie en daar was nie gedragsprobleme of ongelukkigheid by die huis nie. Hy was ʼn spontane, opgewekte mens en ons is ʼn baie hegte en liefdevolle familie. Ek kan nie eers vir jou sê waardeur ons familie op die oomblik gaan nie. My ouers is besig om van hul koppe af te gaan,” het sy gesê.

Ross sal veras word sodra die nadoodse ondersoek afgehandel is.

Lt. Nomsa Sekele, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig en gesê ‘n geregtelike doodsondersoek sal gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Nina ·

Hemel, hoe wreed! Sterkte aan almal. Dis ongelooflik hartseer! :(

SNEL ·

Dis skokkend!!! Hoop die ouers kry antwoorde vir al hulle vrae. Baie sterkte.

Anneke ·

Dit is skokkend! Sterkte aan die familie en vriende. Ek hoop die gemors word gou gevind . Elke krimineel wat enige kind tot die ouderdom van 18 leed aan doen moet Matt 18 :10 op hulle voorkop getatoeeer he “See that you do not despise one of these little ones. For I tell you that their angels in heaven always see the face of my Father in heaven”

Eliza-beth ·

Woorde ontbreek mens. Vrede en sterkte en aanvaarding vir julle – dis ‘n lang pad om te stap vir hierdie gesin, maar mag hulle genade en krag kry.

Theresa ·

Dis skokkend. Hoop die familie kry berading en antwoorde op al die baie vrae. Wanneer gaan die wreedheid en boosheid onder mense ophou?

Neptunus ·

Tragies. Dalk met dwelms en/of ongure mense deurmekaar geraak?

nig ·

Ag tog Nep TOE nis… Maak jy kammig of jy dink dis tragies maar dan is daar tog jou gewone angel in jou simpel kommentaar. Gaan raak besig man.

Neptunus ·

Hokaai mense, dis heeltemal moontlik. Gaan kyk op FB dan praat ons weer. Is vrye denke nou verbode as iemand (in hierdie geval op ‘n grusame wyse) oorlede is? Dink soos ‘n ondersoeker en laat geen moontlikheid buite rekening nie. Toe die seun vermis was is hy beskryf as ‘n skolier, 17 jaar oud met ‘n gaatjie in sy oor en tattoe wat strek van sy skouer tot elmboog. Miskien is die versameling daggaverwante prente op sy FB-blad bloot om “cool” te wees en het hy dit nooit self gebruik nie. Soos Bill Clinton gesê het: “I smoked but I did not inhale…” Ek sou uitvind of daar so iets betrokke was en die dwelmhandelaars se doen en late nagaan. Dis nou as die SAPD ‘n goeie informantenetwerk het.

nig ·

Neptunus – mens kan dink wat jy wil maar kan (en mag) nie altyd sê wat jy wil nie. Onthou, hy het ouers en familie… hoe moet hulle voel? Nog ‘n ding – gaatjies in ore en tatoeëermerke beteken ook nie noodwendig mense gebruik verdwingsmiddels nie. Ons hoef ook nie soos “ondersoekers te dink” nie want ons IS nie. Mens bepaal jou maar liefs by wat jy weet en wat JOU besigheid is en nie ander s’n nie. Dis een ding om kommentaar te lewer maar gans ‘n ander saak om by tragiese berigte “slim” te probeer wees.

Amanda ·

Kan jy lees ! Hy was nie met enige onderduimse goed betrokke nie – so se sy Stiefsuster ! Ek ken sy Ouers, hy was stil … Goed gemanierd …. Volg die storie verder . Ons almal bid saam met sy ouers en hegte familie dat daar wel leidrade is by die plek waar hulle sy lyk gekry het om die Varke wat hom vermoor het, te kry. Glo MY !!! Sy ouers gaan vra dat die Doodstraf terug gebring word, al moet hulle persoonlik met ZUMA gaan praat !!

Elfie ·

Soos gewoonlik is Neptunus se KOMMINtaar negatief en onvanpas. Lyk my hy het niks anders om te doen as om te sit en dink wat se snert hy elke dag op verkeie berigte kan kwytraak nie. Kry tog vir jou ‘n “hobby” man. En natuurlik sal hy ook nou weer antwoord en sê dis nei negatief, net sy mening ens ens…watookal. Ai Maroela…

Sanet ·

So onnodig. So n pragtige seun. Mag jy in vrede rus. My innige meegevoel aan sy familie.

CHRISTA ·

Misdaad in ons land ruk handuit. Dit lyk my ons as burgers moet self inspring en hierdie wrede kriminele uit ons samelewing verwyder – die polisie is onkapabel!!

Amanda ·

Kan jy lees ! Hy was nie met enige onderduimse goed betrokke nie – so se sy Stiefsuster ! Ek ken sy Ouers, hy was stil … Goed gemanierd …. Volg die storie verder . Ons almal bid saam met sy ouers en hegte familie dat daar wel leidrade is by die plek waar hulle sy lyk gekry het om die Varke wat hom vermoor het, te kry. Glo MY !!! Sy ouers gaan vra dat die Doodstraf terug gebring word, al moet hulle persoonlik met ZUMA gaan praat !!

CHRISTA ·

Amanda, jy het die kat aan die stert beet!!! Kry jou feite reg!! Ek het nie gesê HY was met misdaad deurmekaar nie! Ek het gesê misdaad neem ons land oor! Ons lees elke dag van die geweld in ons land: moord, gewapende roof, verkragting en nog vele meer!!

Amanda ·

Hi Christa. Ek ken sy ouers, hulle gaan die MEESTERS wees in die aanvraag dat die Doodstraf terug gebring word, hulle gaan die stem wees vir soveel ongelukkige families wat se naasbestaandes dood gemaak is en die kriminele sit maar net agteroor in die tronk. Hulle gaan Persoonlik met ZUMA praat ( as hulle kan ) om die Doodstraf terug te bring en glo my …… Michael se moordenaars gaan ook baie SLEG daarvan af kom. Michael se Pa het gese hy wil self die Sneller trek van die geweer wat dood skiet of die Lever trek van die Galgtou …. Suffer gaan hulle suffer !!!

EMK ·

Neptunus – ek ken ‘n dominee met poniestert en oorring – gebruik hy verdowingsmiddels? Nee. Don’t judge a book by it’s cover. En as dit so is dat hy by dwelms betrokke was, is die grusame wyse waarop hy aan sy einde gekom het totaal onnodig. Laat ons liewer empatie met sy familie hê…

Nienie ·

Hy was n dwelm verslaafde… sy ouers het vermoede dat hy ontvoer is deur nigeriers! Ken die kind persoonlik, hul het vroeer in April n oproep gekry dat die seun
in aanhouding by n hospitaal in aanhouding is – maar was toe nie hy nie. Hy moes dood gemaak geword het vir n rede – hoop net die rede kom uit. Die ouers kon hom alankal gestuur het na n rehab of hulp gekry het, beide die ouers, boet en sussie en familie het geweet dat hy dwelms gebruik!

nig ·

Hoekom het JY hom nie gehelp nie Nienie? Jy het dan van alles geweet?

Deidre ·

Mense, dis onnodig om so onsensitief te wees. Veral as ‘n familie treur. Dit maak nie meer saak of hy dwelms gedoen het of nie, dit justify nie die moord en die seer nie.

Mona ·

Innige Simpatie aan di familie. Vir di mense met onnodige kommentaar oor dwelms… Dit gee niemand di reg om te oordeel of om as n kind op so onmenslike manier vermoor te word ni. Mense wat dink dit is aanvaarbaar of om di ouers te Blameer? Nee! Bid eerder saam vir sterkte vir di familie om hul deur di tyd te dra.

Poppie ·

Ek het nou ook sy FB profiel gaan kyk. En ek verstaan wat Neptunus bedoel…. Realisties. Ek kry sy ouers en familie bitter jammer. (en dit is nie met ‘n tong in die kies nie).

Sollie ·

Poppie en die seun is steeds wreedaardig vermoor maak nie saak wat nie. Om onsensitiewe kommentaar te lewer is ongevraag en onvanpas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.