Benoni-man gevonnis oor vrou se moord

Yolandi Badenhorst Foto: IOL

Yolandi Badenhorst Foto: IOL

Martin Badenhorst, ʼn versekeringsmakelaar van Benoni in Gauteng, is Dinsdag tot 12 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy sy vrou vermoor het.

Regter Lettie Malopa het Dinsdag ná ʼn vier jaar lange hofsaak, die uitspraak gelewer. Sy het sy aansoek om verlof tot appèl afgekeur.

Die regter het vroeër Badenhorst se getuienis, dat sy vuurwapen per ongeluk afgegaan het terwyl hy en sy vrou Yolandi in November 2007 in hul slaapkamer gestry het, verwerp. Hy het bykans drie jaar gelede getuig dat sy vrou hom met haar kêrel getart het, gesê het niemand wil hom hê nie en hom geklap het.

Toe hy haar glo terugklap, wou sy die vuurwapen in die hande kry en twee skote het afgegaan.

Hy voer aan sy het hom bly aanval ná die skote afgegaan het, maar het vyf minute later gesterf. Hy het ook aan die hof gesê hy het ʼn Bybelvers vir haar gelees en vir haar gebind nadat sy in die arm en bors geskiet is.

Hy het glo nie ʼn ambulans gebel nie, omdat hy te getraumatiseerd was en in skok was.

Malopa het wel Badenhorst se eksminnaar, Tania Cilliers, se getuienis aanvaar dat hy erken het hy het die vuurwapen gegryp en sy vrou na ʼn woordewisseling geskiet. Hy het ook glo gesê hy het nie ʼn ambulans gebel nie, want sy sou in elk geval sterf.

Malopa het dit aan Badenhorst gestel dat hy moes weggeloop het van die stryery af en iewers gaan kalmeer het. “Jy het nie ʼn lisensie gehad om haar te vermoor nie,” het sy gesê. “Jou vrou het jou gesmeek om ʼn ambulans te bel, maar jy het eerder uit die Bybel gelees. Jy het die huis gesluit en haar gelos om te sterf. Jy het ʼn wrede ding gedoen.”

Sy het ook gesê hy het tydens die verhoor nog nooit enige berou getoon nie.

Yolandi het twee kinders uit ʼn vorige huwelik en ʼn seun saam met Badenhorst gehad.

Badenhorst se huidige meisie en dogter het gehuil ná die uitspraak.

Klik hier om alle vorige berigte oor Martin Badenhorst op Maroela Media te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Dave ·

Ek begin wonder of vrouens op die regbank behoort te wees. Dit blyk dat vroue-regters tydens verhore moordenaars laat wegkom met onbehoorlike ligte straf. Wanneer na die jong vrou op daardie foto gekyk word onstaan die vraag hoe oud sy sou wees oor 12 jaar. En oor 12 jaar is hy miskien lankal op parool en een of ander dame besluit maar net weer om haar lewe by hom te waag. Wat op aarde haar laat besluit het dat 12 jaar in ‘n tronksel genoegsame boetedoening is vir sy vrou se lewe is onbeantwoord.

Dave ·

In die huidige groep berigte is ‘n man vir 15 jaar gevonnis in die Wes-Kaapse hooggeregshof vir poging tot moord op ‘n tweejarige seun. ‘n Vrou wat seks gehad het met haar 4 en 10 jarige seuns het 44 jaar gekry waarvan sy tenminste 15 jaar moet uitdien. ‘n Man van Benoni wat sy vrou vermoor het en geweier het om vir ‘n ambulans te bel nadat hy haar geskiet het, word tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis. Dit klink sinneloos.

Leeutjie ·

Jip Dave.. ek stem nie altyd saam met jou kommentaar nie maar hierdie keer het jy jou staal gewys. Dit maak nie sin nie! Ek dink dit is maar oor verskillende regters en hoe hulle oor daardie oomblik voel!

Dave ·

Leeutjie, ek stem nogal oor die algemeen meer kere met jou opinies saam as wat ek daarmee verskil. Ek probeer somtyds tussen die lyne lees om ‘n mening te vorm of jy ‘n welpie met of sonder maanhare is maar jy laat dit nooit deurskemer nie. By die leeus is diè sonder maanhare gewoonlik die jagters en ‘n jagter is jy wel! Gaan jy die sluier lig? En dankie vir jou komplimenterende terugvoer. :-)

Sollie ·

12 jaar -NET 12 vir ‘n mense lewe. Die een wat jy eens op jou troue voor getuies belowe het “to love and to hold, in sickness and health, for richer or poorer…” ja… die tipe goed beteken maar min in ons samelewing. Dan verjaar Zuma of iemand weer en kom ‘n spul vroeëer uit die tronk uit “weens goeie gedrag” en omdat hul kammig berou getoon het. Dit maak my NAAR.

Elizabeth ·

Die HEEL ergste vir my hieromtrent (die moord self ens is BAIE erg, natuurlik) is dat die seun van hom en die oorledene asook sy ander kind nou moet saamleef met die feit dat hul pa ‘n moordenaar is. Kan mens jou indink waardeur hul hul lewelank moet gaan met so nalatenskap! Al sou hul verhuis of na ander skole gaan ens – een of ander tyd kom dit uit en dan met die arme kind/ers weer deur alles gaan. Dis vir my baie erg…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.