Benoni-nagklubmoord: Saak uitgestel oor tolk

Daniël (Danie) Botha.

Die saak teen drie jong mans wat in die streekhof in Benoni tereg staan vir die moord op Daniël (Danie) Botha is tot aanstaande jaar uitgestel.

Botha (26) is in Julie verlede jaar na bewering so erg in ʼn kuierplek aangerand dat hy breindood verklaar is. Hy en ʼn vriendin was by die kuierplek toe ʼn geveg op die dansbaan uitgebreek het.

Gideon Fourie (24), Jacques de Lange (24) en Sampie Hearn (25) staan almal tereg op ʼn aanklag van moord ná die voorval. Hulle ontken skuld.

Regsverteenwoordigers vir die verdediging het nou hul kommer uitgespreek oor die vertaling van Kayembe Badebanga se getuienis. Badebanga, ʼn bestuurder by Dingo’s Pub, waar die voorval plaasgevind het, getuig in Frans. ʼn Tolk vertaal dit dan na Engels.

Kobus Posthumus, ʼn prokureur wat ʼn waaksaamheidsopdrag van Botha se familie ontvang het, het gesê Badebanga se vertaalde getuienis gaan nou eers nagegaan word. Indien daar gevind word dat dit nie met sy oorspronklike weergawe ooreenstem nie, sal ʼn ander tolk voortaan gebruik word.

Badebanga het vroeër al in die verhoor begin getuig. Sy getuienis is egter gestaak nadat hy homself nie behoorlik in Engels kon uitdruk nie. Sy getuienis is toe tot Maandag uitgestel sodat hy met die hulp van ʼn tolk kon getuig. Dit is dié tolk se vertaling wat nou in twyfel getrek word.

Streekslanddros Ian Cox het die saak gevolglik tot Januarie aanstaande jaar uitgestel.

Botha se ma, Catharina Pretorius, en stiefpa, André, het hul misnoeë met die situasie te kenne gegee.

“Ons is gebreek. My vrou gaan elke keer van voor af deur die hele proses. Ons voel daar word vir tyd gespeel en dat Daniël nie ʼn regverdige verhoor kry nie omdat die saak sloer,” het André Pretorius gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Joe ·

En so word nog belasting geld gemors…..2 jaar om n saak klaar te kry….swak

jennefer ·

niks bring jul geliefde terug, vergewe en met God se genade beur vorentoe.

Kallimaari ·

@Karolis, vergifnis is nie opsioneel nie. As ‘n mens by God wil uitkom, sal jy moet vergifnis toon aan almal wat jou te ba gekom het. Almal. Los geregtigheid aan Hom oor. Hy sal regverdigheid laat seëvier. As dit nie hier op aarde geskied nie, dan verseker sal dit by Hom geskied. Die 3 jong mans het kans om die regte ding te doen terwyl hulle leef. As hulle die tronk hier vryspring, sal hulle nie die ewige tronk vryspring as hulle nie vir Jesus Christus ken nie. Daar sal hulle ewig boet in onblusbare vuur vir hierdie moord.

KG ·

So ‘n aantreklike jong man in die fleur van sy lewe, dis so hartseer!! Sterkte aan sy geliefdes .

Wilma ·

Stem dit is lekker as geld praat en mammie en pappie nie hulle kinders se foute kan erken nie.
Een ding moet hulle weet hulle moet eendag voor God gaan getuig

DS ·

Intussen gaan die beskuldigdes aan asof hulle niks verkeerd gedoen het nie. Hou naweek na naweek parties. Sit hulle wonderlike lewens op fb vir almal om te sien en wys geen berou nie. En Daniel is die een wat dood geslaan en geskop is en kry geen geregtigheid nie. Hierdie lyk vir my na dieselfde diepe saak as Waterkloof-4. Ons kan en sal doen wat ons wil. Sterkte aan Daniel se familie ek bid dat geregtigheid sal seevier.

jakes ·

Ons regstelsel is geskoei op die beginsel om moordenaars eerder uit die tronk te hou as om hulle skuldig te bevind. Die 3 beskuldiges se kans om oranjepakke aan te trek lyk of dit vervaag. Sou hulle egter wel tronk toe gaan hoop ek dat hulle daar sal verrot.

Wilma ·

Stem dit is lekker as geld praat en mammie en pappie nie hulle kinders se foute kan erken nie.
Een ding moet hulle weet hulle moet eendag voor God gaan getuig

Petro ·

Doodstraf is selfs te genadig. Bind hul aan n boom vas, skil die velle af en laat vliee eiers le. So sal hulle leiding dalk opmaak

Mags ·

En die Franse kroegman wat nie eens kan Engels praat nie…. definitief ‘n inboorling van Nigerië se kant af… Wanneer jy sulke tipe mense in diens neem, sê dit ook nie veel van jou besigheid nie. Hoe kan jy mense in diens neem, wat nie eens jou taal praat nie, en indien mense hom kan verstaan, klink dit of die kroeg definitief in die verkeerde kant van die dorp is, waar die onwettige inboorlinge hulself vestig.. Maar nou ja, die kind is dood… en die ander loop vry. Hoop maar vir die beste.

Hanlie ·

Wie gaan die volgende slagoffer van hierdie skobbejakke wees? Hulle was seker die grootste boelies op skool…..Se maar net.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.