Benoni-nagklubmoord: Só verloop gebeure glo op noodlottige aand

Daniël Botha

ʼn Ma van Boksburg-Suid het Maandag kop onderstebo geluister na die gebeure wat glo gelei het tot die dood van haar seun in ʼn kuierplek verlede jaar.

Daniël (Danie) Botha (26) is in die vroeë oggendure van 26 Julie 2018 na bewering só erg aangerand dat hy breindood verklaar is. Die masjiene wat hom aan die lewe gehou het, is enkele dae later afgeskakel. Danie en ʼn vriendin, Charlene Maré (19), was by ʼn kuierplek in Benoni toe ʼn geveg daar uitgebreek het.

Gideon Fourie (24), Jacques de Lange (24) en Sampie Hearn (25) staan almal in die hof in Benoni tereg op ʼn aanklag van moord. Hulle ontken skuld.

Botha se ma, Catharina Pretorius, was vandag soms emosioneel terwyl sy na die getuienis geluister het.

Dr. Mohamed Sarang, ʼn forensiese patoloog wat die nadoodse ondersoek op Botha gedoen het, het onder meer getuig Botha se brein was geswel en dat hy dood is aan ʼn kopbesering wat ooreenstem met ʼn besering weens ‘n aanranding.

Botha se organe is geskenk nadat hy breindood verklaar is. Regsverteenwoordigers vir die verdediging wou onder meer by Sarang weet of die oes van die organe die bevinding van sy nadoodse ondersoek kon beïnvloed.

Sarang het toegegee dat dit wél in ʼn mate ʼn uitwerking op ʼn nadoodse ondersoek het, maar het volgehou dat hy ondanks die organe wat geoes is, kon vasstel dat Botha aan ʼn kopbesering dood is. Die dokter het ook getuig die besering is nie veroorsaak toe Botha ná die geveg na buite gedra is nie.

Kayembe Badebanga, ʼn bestuurder by Dingo’s Pub waar die voorval plaasgevind het, het vandag sy getuienis voortgesit. Hy het getuig Charlene Maré het hom kom roep nadat die geveg op die kuierplek se dansbaan uitgebreek het. Maré het vroeër al getuig.

Volgens Badebanga het hy gesien hoe Fourie vir Botha ʼn vuishou gee en hom wurg – hy het dus die onderonsie probeer stopsit. In dié stadium, het hy getuig, het De Lange en Hearn ook betrokke geraak. Volgens hom het die beskuldigdes Botha tot op die vloer gedwing, waar al drie hom herhaaldelik geskop het.

Badebanga het getuig Botha het op die vloer gelê en sy gesig probeer beskerm, totdat hy later opgehou en net op die grond gelê het.

Fourie het volgens hom probeer wegkom, maar Badebanga het getuig hy het gesê dat hulle ʼn ambulans moet ontbied. Hearn het volgens hom voorgestel dat hulle Botha na buite moet neem, sodat hy vars lug kon kry.

Die drie beskuldigdes en Badebanga het Botha na buite geneem en hy het getuig Botha het geen stampe opgedoen toe hy na buite gedra is nie.

“Die ambulans het baie lank geneem om op te daag. Ek het aan beskuldigde een [Fourie] voorgestel dat hy sy eie motor gebruik om [Botha] hospitaal toe te neem.”

Badebanga het getuig die drie beskuldigdes is gereelde klante van die kuierplek, hoewel hy Botha nie vantevore ontmoet het nie.

Hy sit sy getuienis môre voort.

Landdros Ian Cox het familielede en vriende van die beskuldigdes en die slagoffer vandag weer gemaan om mekaar nié by die hof te intimideer nie. Fourie is na bewering met die dood gedreig en op ʼn neerhalende manier aangespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

DS ·

As hulle skuldig is – soos dit uit die getuienis klink – moet hulle maar tronk toe gaan. 3 teen 1 dis lafhartig en ongeag wat hy vir hulle gese het jy skop nie ‘n man wat le nie! Waar was die sekuriteit hoekom het hulle nie die bakleiery gestop nie?

J ·

In n plek vol mense is dit amper onmoontlik om te sien as iemand val. Dis geensins die sekuriteit nie.

Magda ·

Hoop hulle kry wat hulle verdien – laaaaaaank tronkstraf en ek dink dat die WET op Lewenslank moet verander na LEWENSLANK – nie 25 of 20 jaar dan kom jy uit nie – LEWENSLANK bly jy tot jy dood is in die tronk.

Estelle ·

Ek stem 200% saam. Lewenslank is lewenslank. Kon nog nooit verstaan hoekom dit so genoem word en dan is dit net 25jr nie.

Richard ·

Hang hulle al drie. Of stuur hulle lewenslank tronk toe sodat hulle vir ewig verkrag kan word!

Gesiggie ·

Sulke gevalle is onnodig… maar weereens was daar drank betrokke”’maar hierdie lafaards” sal vir die res van hul lewe met hul gewete moet saamleef vir die dood van die jong man…Sterkte aan die familie en vriende.. om elke keer weer van voor af als te hoor, bring net weer hartseer en haat terug. Mag die Moordenaars”’ vining gestraf word sodat die familie berusting kan vind.

Liza ·

Hoop hulle sit vir ewig in die tronk, om ‘n kind te verloor is nie speeletjies nie, Mevrou ek weet hoe jy voel, sterkte vorentoe en bid vir jou…….

Christine van Hyussteen ·

Ai dis so hartseer dat so n pragtige jong man op so n jong ouderdom moet sterf agv drank en geweld. En hy lyk nie eers na die agresiewe soort nie. Sterkte aan die moeder ons kan net vir jou bid vir kalmte en geregtigheid.

CallieL ·

Gaan kyk maar, dis altyd hierdie groeoies wat maak en breek. Sal amper waarborg hulle het die moeilikheid begin want geweet een ou staan nie n kans nie. Stuur hulle tronk toe. Nog lekker jonk en sal baie plesier in tronk verskaf. Kry vir julle

Charmaine ·

My seun is ook n maand gelede aangerand in n bekende Kaapse dansplek, deur n hele span rugbyspelers. Die span maak dit af as n grap, maar dieselfde kon met my kind gebeur het. My hart bloei vir hierdie ma want ek verstaan waardeur sy gaan. Ek bid vir vertroosting. Onthou partykeer gaan ons kinders ook maar vir n dans en n bietjie saam met vriende kuier, dan gebeur so iets ongevraagd

Lee-Anne Heinse ·

My broer was n tydjie terug ook aangerand deur n groep ouens van n rugbyklub. Dit was omtrent n groep van 10-15 ouens op hom wat hom geslaan en geskop het terwyl hy op die vloer was. Die kommentaar was toe dat hy seker daarvoor gesoek het en mans is mans ens. Maak dit dit okay om iemand by te kom en so aan te rand? Hierdie bakleierye raak nou PATETIES. Jy kan nie net maak en breuk soos jy lus kry en dan na die tyd wil almal skouers optrek nie. Ek hoop hierdie ouens gaan tronk nie en kry wat hulle verdien.

SjN ·

Daai aand was hul springbok, vandag is hul boerbok. Mag die waarheid seevier.

Christine van Hyussteen ·

Ai dis so hartseer dat so n pragtige jong man op so n jong ouderdom moet sterf agv drank en geweld. En hy lyk nie eers na die agresiewe soort nie. Sterkte aan die moeder ons kan net vir jou bid vir kalmte en geregtigheid.

Swannie ·

@JK
Jy is verkeerd !! In die VSA word baie lewenslange vonnisse gevel SONDER enige opsie van parool.

In die uitsprake word dan ook genoem “for the rest of your natural life”

In Suid Afrika is dit slegs Janusch Walush wat lewenslank gevonnis is en werklik lewenslank in die tronk moet bly, omdat Chris Hani se familie meer seggenskap het as enige wetsbepaling en die wet misbruik en toegepas word deur regters vir politieke doeleindes.

HESTER ·

Hierdie betrokke beskuldigde Sampie Hearn het weggekom al op hoerskool met die tipe gedrag, asook op die rugbyveld, wat veroorsaak dat n game summier gestop word , voordat dit te ver gaan. Enige iets wat Sampie gedoen het is onder die mat ingevee, soos toe hy en van sy maats van ons jonger kinders in skooltyd op skoolgronde voor CCTV kameras, aangerand het is deur die hoof saam polisie wat nou nog daar hoof is vanbdie skool in Boksburg , onder die mat ingevee. Die vorigeaand was prys uitdeling toe is die “aanval” op ons seuns bespreek sodat ons vertel is , die hoof ingelug het, en hy nie n vinger gelig het nie. Sampie Hearn se pa het die skoolhoof gebel en wou weet of dit nodig is om in te kom . HOEKOM? Al ons ander ouers moes dadelik gaan. Hearn is deur die polisie na sy kar toe begelei sodat hy kan gaan oefen by die LEEUS. Hoekom sê ek julle die goed, omdat daar nog altyd vir hom opgekom is en dit net verdwyn het. NOU KAN DIT NIE , WANT IEMAND IS DOOD GESLAAN/GESKOP. En uit ondervinding weet ek dat dit 3 teen 1 was , want dit het nog altyd so gewerk, kon nog nooit alleen n fight wen nie. SO EK BID DAT GEREGTIGHEID VIR HIERDIE ANDER FAMILIE SAL GESKIED. Moenie jou deur enige een van hulle ouers laat intimideer nie.STREKTE AAN DIE BOTHA GESIN

Pikkie ·

Hester, ek verstaan dat jy dalk erg geraak is hierdeur maar die hofsaak is nog aan die gang. Ook gaan dit nie help om ou koeie uit die sloot te grawe nie. Die kind was dalk verkeerd maar ons word vergewe deur God as ons ook vergewe. Almal maak foute. Tweedens, plaas jouself in die ouers van die 3 seuns se skoene, hulle het hulle kinders waarskynlik groot gemaak om voorbeeldig te wees. Dan moet hulle nou nog jou onnodige storie lees wat seker meer as 7 jaar terug gebeur het? Dink hoe dit hulle raak asseblief. Dit kon jy ook gewees het in hulle skoene en hoe sou jy gevoel het ???

Mariana ·

Die gereg moet maar sy gang gaan, lewenslank is te kort vir sulke bakleiers, dit is bitter hartseer, sterkte aan Daniël se familie en vriende, dit kon netso wel my seun gewees het, kan my nie indink hoe sy ouers, familie en vriende dit gaan verwerk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.