Benoni-ouers in hof ná hul glo baba mishandel

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Paartjie van Benoni, wat daarvan verdink word dat hulle hul sewe week oue babaseuntjie mishandel het, is op borgtog vrygelaat.

Die man en vrou, onderskeidelik 26 en 25 jaar oud, het Maandag in die Benoni-landdroshof verskyn, het lt.kol. Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder van Gauteng, gesê. Hulle staan tereg op aanklagte van kindermishandeling en aanranding met doel om ernstig te beseer.

Personeel van die Linmed-hospitaal, wat die baba vir brongitis behandel het, het gesien hy is beseer en het dit by die polisie aangemeld. Hy het drie gebreekte ribbe, ʼn gebreekte knie en breinbeserings gehad. The Star berig die paartjie is Saterdag in hegtenis geneem.

Volgens Dlamini is die man en vrou elk op borgtog van R3 000 vrygelaat. Die saak is tot 11 Julie uitgestel.

Die kind is intussen na ʼn plek van veiligheid geneem en herstel glo goed, het Dlamini bygevoeg. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

AmY ·

Ek is stomgeslaan!! Dit is siek!!! Die kindjie is net 7 weke oud!!!

Watter ‘groot sonde’ kon hy gepleeeg het om so behandel te word?

Misdadigers in tronke kry beter behandeling.

Dis baie baie baie hartseer.

Ek weet van ouers wie se kinders kroniese koliek gehad het, en daai kinders is met liefde en sorg EN geduld behandel.

Sluit daai monsters toe en gooi die sleutel weg. Geen baba is veilig by hulle nie.

estelle ·

BENONI – DRUG MEKKA IN GAUTENG!! as kinders nie mishandel word nie, word hulle by die negerieers afgelaai vir ‘n high! Benoni dorp is ‘n no-go area!

Frank Passano ·

Die nuwe immigrasie wetgewing gaan hopelik verminder dat drek van Nigerië, Somalië, Angola, Zimbabwe, Kongo, Zaire, Malawi en CHINA nie so maklik die land kan binnekom nie, maar wat gemaak met die lot wat reeds hier is! Hoe byvoorbeeld kry jy ‘n plek soos Hillbrow, Sunnyside en Seepunt ‘skoon’? Onbegonne taak.

Marietjie ·

Ek het geen woorde nie. Stom. As julle nie die babatjie wou hê nie, gee hom vir aanneming. Beter nog moes julle voorbehoeding gebruik het, maar nee dink mos nie met julle brein nie. Gee hulle vir ons Ma’s wat elke dag ons kinders liefhet en enige iets sal doen om hulle veilig en geborge te laat voel. Sal hulle knieë bietjie wil breek. Sies, skaam julle.

Frank Passano ·

Waarom het sulke ouers kinders? Of gaan die ‘vreesaanjaende Suid-Afrikaanse geweld’ situasie nou weer skuld kry. Sluit hul lewenslank toe, dis al.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.