Benoni-pa skuldig aan honderde aanklagte van verkragting

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Waarskuwing: Die berig bevat inhoud wat sommige lesers kan ontstel.

ʼn 41-jarige pa van Benoni in Gauteng het Woensdag in die hooggeregshof in Benoni skuld beken op 426 aanklagte wat met seksuele misbruik verband hou.

Die aanklagte teen hom het gewissel van verkragting, seksuele aanranding, die besit van kinderpornografie tot die vervaardiging van kinderpornografie.

Volgens Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het die man die misdrywe tussen 2012 en 2021 teenoor sy twee stiefseuns en dogter gepleeg. Ten tyde van die voorvalle was die seuns tussen ses en 14 jaar oud.

Die dogter was sewe maande oud toe die misdade begin het en agt jaar oud toe dit opgehou het.

“Die misdrywe het in die gesin se huis plaasgevind wanneer die kinders se ma by die werk was en die kinders in die man se sorg gelaat is,” sê Mahanjana.

In die man se pleitooreenkoms met die staat erken hy dat hy die seuns verskeie kere verkrag en gedwing het om hul suster te verkrag. Hy het die kinders ook gedwing om seksuele dade met mekaar te pleeg.

Die man is vroeër vandeesmaand in hegtenis geneem nadat een van die kinders met ʼn familielid daaroor gepraat het en dié ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak het.

Die man sal na verwagting op 7 April gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Swerwer ·

In die lewe, mag daar geen versagting wees nie want geen normaal denkende mens kan so optree nie.

JohanR ·

Daar moet honderde kinders in SA en die wereld wat deur Pa’s betas en verkrag word? Aan my ouers wil ek net se dankie dat julle vier kinder groot gemaak het, en ons net verskriklik lief gehad het, en soms het julle sonder gegaan sodat ons kan klere he en eet. Aan alle sulke Pa’s en Ma’s in Suid Afrika julle kinders sal nie groot word en soe gou as moontlik uit die huis uittrek, en julle haat vir die res van julle lewens. Hoe kan ‘n 14 jarige meisie ‘n Pa liefhet wat haar betas en verkrag?

Jean ·

En alles gaan opeenvolgend uitgedien word, so hy gaan maar net 20 jaar seker kry.

Cherokee ·

Sien… mense duimop sonder om te lees. Hendrik en Manda het wel gelees

Petrus ·

Dries ek stem saam, behalwe dat dit dalk nie die verontregde persoon sal genees nie, maar wel die wat sulke laakbare dinge doen, sal ontmoedig.

fs ·

Nou praat jy mos! Ek sal die eerste lemmetjie opneem.. hy nodig beslis nie daardie deel van sy anatomie

Maggies ·

Ongelukkig is daar ma’s wat deeglik bewus is van die molestering en verkragtings van hul kinders, maar hulle is in ontkenning (denial). Meestal glo hulle in die onskuld van hul maat eerder as die waarheid van hulle kind.
Dit is siek, maar waar.

Johann ·

Die boosheid loop tussen ons rond verskuil as n mens en man en pa! Hoe ervaar daai kinders ooit normaal? Breek my pappa hart!

Wielspore ·

Vir 9 jaar het hy 426 seksuele misdade met minderjarige kinders gepleeg en daar was geen ander volwasse persoon wat dit agter gekom het, regtig. Die ma moet aan aandigheid van die misdaad aangekla word.
Sterkte aan die kinders.

Rooikopheks ·

Die baba dogtertjie was net 7 maande oud toe dit begin het, hartbrekend.

Magda G ·

Sluit die ding vir ewig toe. Gee hom harde arbeid om te doen. Die arme kinders se lewens is verwoes

knolle ·

In Bybelse tye is mense wat skuldig was aan siek of kriminele oortredings, buite die stadsmure gestenig om die bose DNA lyn summier te stop. Japan het soortgelyke wetgewing en dit verklaar hulle uiters lae misdaad syfer. Smoor dit in die kiem voor dit verder gaan. Ons land se mense sou yl gesaai gewees het as dit hier kon gedoen word…

Kiewiet ·

Nee nee nee..hierdie man moet nooit ooit uit die tronk kom nie hy verdien dit om daar te sterf hoe doen ‘n mens so iets aan kinders ai nee regtigwaar.
Geen straf is eintlik swaar genoeg v hierdie misdryf..dit breek my hart!

Lida ·

Waar is die doodsvonnis…dit sal nooit stop nie!!!
Onmenslik verby????

VaalDonkie ·

Ek het ‘n vriendin op skool gehad wat so deurgeloop het. Oulike mens, maar daar was diep dinge fout met haar en sy’t elke paar maande probeer selfmoord pleeg. Sy’t vir my gese sy waardeer dat ek nie heeltyd aan haar wil vat nie en net wil gesels en sulke goed. Laat my sommer hartseer word om 20 jaar later weer daaraan te dink.

Antonk ·

En dan gaan hy tronk toe vir 20 jaar tot lewenslank.Dan moet ons nog vir hom sorg terwyl hy in die tronk sit.

Johanna ·

Daardie arme kinders is ge-skend vir hulle hele lewe. Intensive terapie sal vir baie baie jare gedoen moet word.
Ons kan net bid vir die kinders. Ons dien n GROOT God wat Herbou en Herstel!

Elize ·

Self so deurgeloop deur my stiefpa. My ma het geweet wat aangaan maar wou nie haar lekker lewe opgee of vir my opkom nie. Kan dit nie hanteer dat iemand aan my vat nie . Glo ek is geknak vir die res van my aardse lewe want voel dood binne en is dit baie moeilik om gevoelens vir ander mense te wys. Kastreer hierdie vark en gee hom vir die pappas in die tronk!

NWT ·

Asb regter vonnis hom tot 426 miljoen jaar. Hy moet nooit weer die buite wereld sien. Hoe kan so n persoon dit verdien om in die samelewing te wees. In die UAE stuur hul jou 50 jaar tronk toe vir 10mm koekaine en vir enige vorm van seksuele misdade is dit die doodstraf. Ek voel sulke persone moet ook gekasteer word maar nee dit is mos teen sy menseregte. Het hy aan die menswaardigheid van die kinders gedink. Maar dan word sy mense regte as versagting gebruik. As ek n prokureur was sal ek die ou nooit verteenwoordig het nie. Dit so teen my morele waardes gewees het.

Lize ·

Kinder verkragters het nie ‘n lekker tyd in die tronk nie. Baie erger as doodstraf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.