Benoni-paartjie verskyn in hof oor kindermishandeling

court-hammer_thumbʼn Paartjie van Benoni, wat daarvan verdink word dat hulle hul sewe week oue babaseuntjie mishandel het, het Vrydag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Die paartjie staan tereg op aanklagte van kindermishandeling en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Christo van As, die paartjie se regsverteenwoordiger, sê die saak is tot 15 September uitgestel vir verdere ondersoek. Die paartjie is vroeër op borgtog van R3 000 elk vrygelaat.

Landdros Elmarie Schutte het intussen die paartjie se borgvoorwaardes verander. Hulle moes voorheen elke Saterdag by ‘n polisiestasie aanmeld maar hoef dit nie meer te doen nie.

Die man en vrou, onderskeidelik 26 en 25 jaar oud, is volgens The Star in hegtenis geneem nadat personeel van die Linmed-hospitaal, wat die baba vir brongitis behandel het, gesien het hy is beseer en dit by die polisie aangemeld het.

Die babaseuntjie het drie gebreekte ribbe, ʼn gebreekte knie en breinbeserings gehad. Hy is na ‘n plek van veiligheid geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

AmY ·

Ek kan nie verstaan hoe mense so ‘n klein babatjie kan mishandel nie.

Al wat hy op daai ouderdom wil hê is liefde en sorg en ‘n vol magie en droeë boudjies en dat sy winde uitgvryf moet word.

Dis regtig mos nie te veel gevra nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.