Benoni-seun stabiel ná wrede aanval tydens kaping

Ricardo Pugi en sy seun, Aliandro. Foto: Facebook.

Ricardo Pugi en sy seun, Aliandro. Foto: Facebook.

Die vyfjarige seun wat Sondagaand verskeie kere in Boksburg aan die Oos-Rand deur vermeende kapers gesteek en in ʼn sloot vir die dood agtergelaat is, is in ʼn stabiele toestand in ʼn Johannesburgse hospitaal.

Maroela Media het Maandag berig die seun het saam met sy pa in hul Volkswagen Golf gery toe die motor omstreeks 19:00 in Trichardtweg gekaap is.

Donovan Wearing, ʼn familielid wat ook ʼn polisiebeampte is, het Dinsdag aan Maroela Media die polisie se weergawe van die gebeure bevestig. Wearing het gesê die pa, Ricardo Pugi, en sy seun, Aliandro, was glo op pad na hul huis in Benoni toe die voorval plaasgevind het.

“Ricardo is deur drie verdagtes oorval toe hy by ʼn verkeerslig stilgehou het. Die verdagtes het sy motor afgesper, ʼn vuurwapen op hom gerig, hom uit sy motor geruk en met Aliandro in die motor weggejaag.”

Wearing het gesê ʼn ander motoris het Ricardo ná die kaping bygestaan. Sy motor het ʼn opsporingstoestel gehad en hulle kon met die hulp van Altech Netstar dit vinnig opspoor, sowat 3 km tot 5 km verder naby die Boksburg-gevangenis.

Die motor is verlate gevind toe almal by die toneel opgedaag het. Aliandro is in ʼn sloot naby die motor aangetref. Hy is vyf keer met ʼn skerp voorwerp, vermoedelik ʼn mes, in sy bolyfie gesteek.

Aliandro is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas waar ʼn dokter bevestig het dat die seun steekwonde opgedoen het.

“Hy het Maandag weer ʼn operasie ondergaan, maar is stabiel en sy dokters is sover tevrede met sy vordering. Die voorval kom as ʼn groot skok vir die familie en hulle is baie emosioneel daaroor,” het Wearing gesê.

Aliandro se oupa, Danie Venter, het intussen Maandag aan EWN bevestig sy kleinseun sterk in die hospitaal aan. “Hy is ʼn baie sterk seun en die dokters kon sy lewe red, maar as hy nie Sondagaand al gevind is nie, sou hy nie oorleef het nie.” Hy het die kapers gewaarsku dat hy alles in sy vermoë  sal doen om hulle op te spoor.

Die Dawnpark-polisie ondersoek die saak.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. “ʼn Volskaalse soektog is nog aan die gang en ons hoop om binnekort ʼn deurbraak te maak,” het hy gesê.

Die polisie versoek mense met meer inligting oor die voorval om Crime Stop by 086 010 111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Johan Venter ·

Seriously!!! Was dit nou nodig gewees!!! Hulle voel niks vir niemand nie!!!

Dit is baie hartseer en maak mens woedend! Hy is net n kind man….

NHS ·

Net een vragie. As die motor agtergelos is 3 -5km verder wat was die doel van die kaping? Is hulle besig om kapings as rookskerm te gebruik om te moor en aan te val? Sodoende word die misdaad gelys as n kaping en nie n moord op blankes nie.

Irah ·

Ek het gister dieselfde tipe opmerking gemaak op die oorspronklike artikel. Dis absoluut asof hierdie vuilgoed besig is met ‘n skrikbewind. Hulle het geen behoefte om die kar te steel nie, net om ‘n punt te maak….

david ras ·

Presies NHS! Ek het al male sonder tal in gepubliseerde reaksies op plaasmoorde dieselfde mening geskryf.
Pleeg ‘n moord, en steel iets daarna–soos ‘n selfoon-en die STATUS van die daad verander, vanaf moord na roof en moord. Sou moorde op plase en elders net plaasgevind het sonder die roof element, het die buiteland lankal begin vrae vra.
Nou word dit onder “kriminaliteit” verdoesel en die ware motief–terrorisme–bly buite sig.
Dit is welbekend dat die IRA, die Ierse Republikeinse Leer baie van dieselfde soort taktiek gebruik gemaak het.
Intressantheidshalwe hierdie stukkie uit “operation Mayebuye” die kodenaam vir die gepoogde rewolusie van die ANC IN 1963:
“in this phase of our guerrilla war ……. shamelessly attack the weak, and shamelessly flee from the strong
Hierdie seuntjie tel mos onder die “weak”, so ook Willemientjie Potgieter en ook al die bejaardes wat so gruwelik verniel is, en die vroue wat verkrag is of hoe……?

yolande ·

Ek stem 100% saam en hoop die oupa kry en vermorsel hulle want ek sou ook moor as dit my kind was! Maak n voorbeeld van hulle!

SNEL ·

Dis vreeslik verby, my hart voel of hy in stukke kan skeur vir die familie. Hoop wraggies nie dis nou n nuwe ding wat kop uitsteek nie. Hoe ongevoelig moet mens wees om so iets aan n kindjie te doen? Dan dink ek ook aan die vrees en angs wat die seuntjie moes beleef het en sekerlik geskreeu en huil het. Dis vuilgoed wat so iets doen, hulle is nie werd om te lewe nie. Baie sterkte aan die familie, ons bid vir julle almal en glo hy sal gou herstel van alles, net baie bly hy lewe.

Jolandie ·

Dat sulke uitvaagsels so klein seuntjie so seer kan maak. Mag hulle vrot in die hel, doodstraf moet terug vir sulke barbare. As jy nie respek het vir iemand se lewe nie, moet daar ook nie respek wees vir jou lewe nie. Maar nee, in ons land, het barbare/rowers/moordenaars/ens mos meer mense-regte as gewone landsburgers!!!! Ek kan nie wag dat Mmusi Maimane aan bewind kom nie!!!

Eliza-beth ·

Ai… sterkte aan jou seun, hoop jy herstel gou 100%. Dan nog die trauma behandeling ook. Alles vir die arme ouers se koste en dan kom die goed net weg. Ek hoop hulle spoor hulle op. Hoe doen mens dit aan ‘n klein kind?

Muys ·

Dis hartseer
wat word van ons land?
Bid dat Liewe Jesus jou volkom sal genees.

Theresa ·

Ek stem saam met julle. Dit is nou al soveel male bewys. Moord en ry net ‘n entjie met die kar en los dit daar verlate. Iewers moet iets drasties gebeur.

Eunice ·

My hart is stukkend vir die familie.hy is tog so Klein ou seuntjie!ek dink aan my een wat amper net so oud is.Ons land word mos regeer deur skollies,ek bid dat hy vinnig Sal herstel van liggaam en gees.

Piet Pompies ·

Geen kind verdien om so behandel te word, kinders is onskuldig en is geregtig op liefde en sekerheid. Die kapers verdien om in die openbaar opgehang te word sodat enige ander persoon wat ook daaraan dink om iets soortgelyk te doen, kan sien wat is die gevolge.

Joe64 ·

Daai gevoel van die pa toe die kar met sy kind wegry, kan mens jou nou indink.

Japie ·

Ek wil my verbeel daar was ń gestemmery met die opskrif:
Stem JA vir jou werk en jou kind se toekoms. Meeste van ons het nie meer werk nie en ons kinders het nie meer ń toekoms nie. Dit is hartseer.

Johan ·

Ons sien dit elke dag in ons samelewing. Ons kindertjies en oues word vermoor. Gaan lees verskillende publikasies in verskillende streke en dit is om van naar te word. Ons word stelselmatig ontwapen en die “krimenele” element stap vry rond om verder te moor en te plunder. Ek weet nie van ander nie maar ek is absoluut keelvol daarvoor. As ons nie begin optree nie gaan dit net nog erger word.

Isabel Strauss ·

Ek is n 55 jarige ouma, ek sal dit verloor en massa moorde pleeg as dit met een van my kinders of kleinkinders gebeur.

Adel Meyer ·

Wanneer gaan hierdie volk wakker word en besef ons is in ‘n oorlog teen ons gewikkel, een waarin ons nie mag terugbaklei nie? Wat gaan gebeur wanneer die kapers opgespoor word? In die Bybel staan geskrywe dat hulle hard van aangesig is, geen ontsag het vir grysaard of jongman nie. Die polisie is net so korrup en misdadig as die wat hulle moet aankeer. Waar is al die hul “verlore” vuurwapens? Hoeveel misdaad word met daardie wapens gepleeg word sal ons nooit weet nie. Ons moet betaal om vuurwapen lisensies te hernu,vragte papierwerk voltooi om ons “competent” te verklaar vir die besit van ‘n vuurwapen. Word my vuurwapen gesteel gaan ek heel waarskynlik nie weer ‘n lisensie vir ‘n vuurwapen kry nie. Hoekom word polisiebeamptes weer voorsien van vuurwapens (waarvoor die belastingbetaler betaal) , waar is hul konsekwensies vir die verloor van ‘n vuurwapen? En dan aan die anderkant, sou elkeen van die honderde verlore vuurwapen gevalle ondersoek moet word, wanneer gaan hulle dan by misdaad uitkom? Dit gaan nie beter word nie, net erger. Hulle wil die wittes uitroei. Word wakker! Julle het vir wolf skaapwagter gemaak, wat het julle verwag? Die hele Noord-Afrika is voorbeeld van hul onvermoe om vooruit te gaan. Die hele wereld moet gedurig kos aanry. Wanneer gaan hulle vir hulself begin sorg? Hulle is mos ons gelyke, of dit is wat die “human rights act” beweer. Vreemd dat ons nog nooit menseregte nodig gehad het om van ons mense te maak nie.The Lion King is so waar, en so van toepassing op Suid-Afrika, as die verkeerdes regeer gaan die land en sy inwoners dood!

Sarie ·

Hi Adel
Ek sal graag wil weet waar die vers in die Bybel voorkom.
Dankie

Adel Meyer ·

Ja Johan Venter, seriously. Ons word uitgeroei en niemand raak bekommerd nie. Steeds moet almal hulle terwille wees. Roei die witman uit. Moet tog net nie op swart tone trap nie. In die Bybel is ‘n teks wat se dat ons onder ‘n volk sal wees wat hard van aangesig is en geen ontsag vir grysaard of jongman het nie! Of is dit ook teen die wet om uit my Bybel aan te haal. Die regte Bybel, nie die nuwe polities korrekte weergawe nie.

Andre de Kock ·

Elke volk verdien die regering wat hy het. Die oggend na die oorweldigende Ja stem referendum het ‘n kollega na my toe gekom en gevra-Nou toe, het die hemel nou geval?
Gelukkig was ek nog nooit onnosel nie. Die Afrikaner het hierdie stront op homself gebring. Jammer oor die slagoffers in hierdie geval-maar was sy deure gesluit? Ek is nie naief nie-hoe haal enigiemand jou uit jou kar uit? Ek is nie naief nie-ek vertrou net niemand nie. Maar ek sien elke dag vrouens wat hulle kinders by die skool optel-huis toe ry met oop deure en vensters terwyl die kinders voor sit en met hulle selfone speel. As ek nog ooit n teiken gesien het…

Adel Meyer ·

Hi Sarie, sien nou eers jou navraag. Gaan die teks vir jou soek. Maar kyk hierdie pragtige voorspelling, die Bybel is kosbaar. Pred.4:14 Want daardie een het uit die gevangenis uitgegaan om koning te word, alhoewel hy as ‘n arme in die koningkryk van die ander gebore was. Pred. 10:2 Die hart van die wyse is na regs, maar die hart van ‘n dwaas na links. Pred. 10:7 Ek het slawe te perd gesien en vorste wat soos slawe op die grond loop. Jes. 1:7 Julle land is ‘n wildernis, julle stede met vuur verbrand, vreemdes verteer julle landerye in jul teenwoordigheid, en dit is ‘n wildernis soos by die omkering deur vreemdes. En hierdie kosbare teks wat plakkerskampe voorspel. Jes. 5:8 Wee hulle wat huis aan huis trek, akker aan akker voeg, totdat daar geen plek meer is nie,en julle alleen grondeienaars in die land is.
Net ons betaal vir huise, erfbelasting, water, elektrisiteit en nog hope belasting daarop!

Adel ·

Hi Sarie, ek het die teks verse gekry waarna jy gevra het. Dit is Deut.28 43 en 49-52 . Die hele Deut 28 is baie insiggewend.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.