Benoni-skietery: Vyf dood

Foto: ER24

Foto: ER24

Die dodetal het tot vyf gestyg na ʼn skietery by ʼn ou mynskag in Benoni aan die Oos-Rand.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is na die toneel ontbied waar hulle vier mense, vermoedelik onwettige mynwerkers, se liggame gevind het. Hulle is op die toneel dood verklaar. “Drie mense is kritiek beseer en is op die tonele behandel voor hulle na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is.”

Volgens Bodasing het die paramedici geweerskote gehoor terwyl hulle steeds op die toneel was. “Paramedici is in kennis gestel dat daar nog ʼn skietery daar naby was. Die polisie het paramedici na die toneel geneem waar nog ʼn persoon dood verklaar is.”

Die polisie het vroeër op Twitter gesê vyf verdagtes is in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

ladybug ·

Ag, dis nou nie skade nie, laat hulle mekaar maar uitroei en ons uitlos!

LinkyV ·

Ladybug, ek stem saam met jou, net jammer dit was net 5, moet jou nie steur aan Piet Snot se comment nie..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.