Bepalende saak vir godsdienstige skole in hof

(Foto: Timothy Eberly/Unsplash)

ʼn Bepalende hofsaak oor die reg van privaat godsdienstige skole om hul etos op leerders af te dwing, sal eersdaags in die hof aangehoor word.

ʼn Ouerpaar het ʼn klag teen ʼn vooraanstaande Christelike skool in Sandton, Johannesburg, by die gelykheidshof aanhangig gemaak ná dié skool glo hul kind geskors het omdat hy ’n tradisionele seremoniële bokvel-armband gedra het.

Luidens die hofstukke het die skool die kind tydelik geskors omdat die dra van die armband strydig met die skool se gedragskode en ook sy godsdienstige etos en oortuigings is.

Die ouers beweer hul kind se skorsing is onbillike diskriminasie op grond van kultuur. Hulle eis nou R300 000 as skadevergoeding.

Die armband, bekend as ʼn isiphandla, word tradisioneel in die Zoeloe-kultuur deur jong mense gedra om hulle met hul voorvaders te verbind. Jong mense dra die armband totdat dit self van hul pols afval.

Volgens die hofstukke beweer die skool hy het die leerder tydelik huis toe gestuur totdat die armband vanself afval. Hulle het ook die nodige leermateriaal saam met die leerder gestuur sodat hy met sy studies kan voortgaan.

Die saak word volgende week Woensdag virtueel in die hooggeregshof in Johannesburg aangehoor.

Die hofsaak sal beslis of privaat godsdienstige skole van leerders en ouers kan vereis om hul gedragskodes na te kom en aan die skool se godsdiensbeleide en -reëls te voldoen.

Freedom of Religion South Africa (FOR SA), ’n vriend van die hof (amicus curiae) in die saak, sê indien die hof teen die skool beslis, sal dit alle privaat godsdienstige skole in die land dwing om teen hul geloofsoortuigings op te tree. Michael Swain, die uitvoerende direkteur van FOR SA, sê dit sal ook ingrypende gevolge inhou vir die outonomie van alle privaat godsdienstige skole en hul regte om toelating en verwante geloofsbeleide, -oortuigings en -etos daar te stel.

“Dit sal die rede vir hierdie skole se bestaan heeltemal ondermyn en druis direk in teen die grondwetlike reg om privaat godsdienstige skole te stig en in stand te hou,” het Swain gesê.

“Hoewel die dra van ʼn isiphandla in openbare skole toegelaat word, gaan privaat godsdienstige skole anders te werk omdat hulle spesifiek gestig is om binne die konteks van sekere godsdienstige oortuigings, praktyke en etos te funksioneer. Ouers, leerders en personeel sluit juis om hierdie rede by hierdie skole aan.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Anel ·

Nou hoekom wil sulke ouers, wat duidelik nie Godstienstig nie, hulle kinders by Godsdienstige skole inskryf? En dan wil hulle hul oortuigings op die skool afdwing? Net soos wat hulle hulle kinders by Afrikaanse skole inskryf en verwag dat daar na hulle pype gedans moet word, anders skree hulle diskriminasie en rasisme! Genade tog! Gaan skryf jou kind in by ‘n skool wat aan jou verwagtinge en jou ongedisiplineerheid voldoen. Jy het mos ‘n keuse! Los die ander uit om dan ook hul geloof by hul gekose skole uit te oefen. Voorvdergeeste!! Maar my!!!

FM ·

verskuilde agendas is ‘n vorm van oneerlikheid sodra die aansoekvorm onderteken word.

daardie betrokke ouers moet pa staan vir hul aansoek om hul kind by die private skool in te skryf, wetende dat dit spesifieke christelike norme handhaaf.

Swerwer ·

Word met opset gedoen om te kyk hoe ver hul die ANC kan help om ander se lewens te vergal

Shakespeare ·

Voorvader geeste ????? Dis hoekom Afrika lyk soos hy lyk. Nogal R300 000 vergoeding ??? Skryf jou kind in by ‘n ander skool wat heidense praktyke toelaat. Hoekom het julle die kind in die eerste plek by ‘n Christen skool ingeskryf. Julle is moedswillig, astrant en kyk net waar julle kan aas !!!

Swerwer ·

Wat het die kommunistiese regstelsel en onderwys departement met Privaatskole se reëls te doen.
Privaat staan juis om jou kind ‘n beter toekoms te bied en jou kind nie te onderwerp aan die kommunisme in staatskole nie.

Wielspore ·

Neem kennis dat hierdie stukkie vel nie kultureel van aard is nie en ook ongesond is. Die vel is afkomstig van ‘n bees wat geslag is. Dit word om die pols van ‘n persoon gesit en dan begin dit vrot totdat hy vanself af val. Dit neem omtrent 3 weke om af te val en gedurende daardie tyd ruik die persoon glad nie aangenaam, dink daaraan hoe die res van die kinders geraak word deur die stank. Ek dink dit is selfsugtig van die ouers om ‘n hele klas (skool) bloot te stel aan die reuk van vrot vel.

Samuel ·

Die kind is by hierdie skool ingeskryf wel wetende wat die skool se etos is. Waarom nou wolf wolf skreeu? Soek die ouers konfrontasie en rede om diskriminasie te skree? Kry vir julle ‘n bundu skool.

Nici ·

Ek glo nie dis ‘n vryheid van geloof saak nie. Ek glo nie skole met ‘n Christelike etos sal toelaat dat leerling kettings met kruise om hul nekke dra nie. Hierdie het te make met die skool uniformbeleid meer as enige iets anders.

My siening ·

Hy/sy en sy/haar ouers ken die reel maar kry nie genoeg aandag nie en nou tantrum hulle, soek n ander skool waar daar geen reels is nie en leef met die gevolge later! I die land is alle reels en respek deur die sogenaamde slapgat leiers oor boord gegooi, dis hoekom die land lyk soos hy is! RESPEK VIR DIE SKOOL EN EK HAAL MY HOED AF!

Harley Davidson ·

Haal godsdiens uit enige instansie en dit is die einde van dáárdie instansie of dit nou skool,werksplek of polisie is.

Raadsman ·

Ek hoop hul verloor die saak en moet al die regskostes ook betaal. Dis absurd intimidasie en manipulasie. Dis juis die rede hoekom die skool gestig is!!!!

Mariana ·

Weer ‘n gekerm en dan is daar geld betrokke. Kry kind in ander skool waar geen reëls is nie. Dis omdat hulle nie hou van reëls en regulasies nie.

Wat Wou ·

Het julle al gewonder hoekom party “people” hulle kinders by privaat skole inskryf? Ek lees bitter min van “previous advantaged” ouers wat graag hulle kinders by “prestigious” swart skole inskryf.

Anel ·

O, ja, ‘n Christelike skool en dis privaat. Hulle het dit geweet. Verder, daardie stank!! Die arme ander kinders wat daaraan blootgestel moet word! Wat van hulle regte? En almal wat so elke half uur wil “sanitise”, wat nou? Hoe onhigiënies is daardie stuk vel nie, en die vlieë? En hoe is jy ‘n Christen en aanbid nog voorvadergeeste? Hoekom probeer hulle nie ‘n moslemskool of joodse skool nie? Wonder ook maar net!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.