‘Beperk reis tussen SA en Indië’ – DA, EFF

(Argieffoto)

Die DA en die EFF doen ’n beroep op die regering om reise tussen Indië en Suid-Afrika te beperk.

Angel Khanyile, die DA se woordvoerder oor binnelandse sake, sê dit moet die staking van direkte en aansluitingsvlugte van Indië na Suid-Afrika insluit, asook beperkings op hawens en landgrense. Sy sê repatriasievlugte kan slegs onder streng voorwaardes voortgaan, waar reisigers vir twee weke self-isoleer voordat hulle die land mag binnekom.

Indië is tans in ʼn stryd gewikkel om die verspreiding van die verskillende variante van die Covid-19-virus, waaronder die gevaarlike B.1.617-variant, te bekamp. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Dinsdag aangedui dat dié variant nog nie in Suid-Afrika opgespoor is nie.

Khanyile sê daar was reeds twee afsonderlike voorvalle van individue wat van Indië na Suid-Afrika gereis het, wat die afgelope 72 uur positief vir Covid-19 getoets het.

“Dit sal roekeloos van die regering wees om eers maatreëls in te stel nadat hierdie variant ons land binnegekom het. Ons moet verhoed dat dit gebeur,” sê Khanyile. “Verder sloer die uitrol van die entstowwe en kan ons eenvoudig nie nog ’n erge vlaag Covid-19-infeksies bekostig nie.”

Die EFF sê in ʼn verklaring die regering moet ook diegene wat reeds van Indië na Suid-Afrika gereis het, in isolasie plaas om doodseker te maak dat die variant nie die land binnekom nie. “Die regering moet optree met die doel voor oë om sy burgers se lewens te beskerm,” sê die EFF in ʼn verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Pieter ·

Die ANC het mos gese die derde golf kom in mei. Hulle sal seker maak hy kom dan kan kop doek weer maak wat sy wil. Julle maak my siek ek wil al op gooi as ek net die woord ANC hoor.

Dirk Mostert ·

Ek verwag ook ‘n derde golf, wanneer die entveldtog in volle swang is.

Fritz ·

Ontspan da en eff. Klim van die bandwagon af. Per 1000 van die bevolking is Indië se sterftesyfer baie laer as ons s’n.

Baardman ·

Dis waar, maar onthou, die ANC kan nie sulke somme maak nie

Fritz ·

In hierdie geval is dit die eff en da wat ook nie somme kan maak nie.

Dirk Mostert ·

Volgens my somme is 200,000 sterftes in 17 maande vir ‘n bevolking van 1,400 miljoen minder as 1% van verwagte totale sterftes.

Karen ·

Te laat, daar is reeds mense vanaf India, in Durban wat die nuwe “straint” oorgebring het, wat nie in isolasie is nie hoor ek.

LANA is ELANè ·

Ek stem onder normale omstandighede glad nie saam met JM of die DA nie, maar die slag moet ek sê, ek stem. Skort reise heeltemal op tussen SA en INDIË. Suid Afrikaners verdra nou-al vir langer as ‘n jr inperkings en als wat daarmee gepaardgaan om covid binne perke te hou, hoekom moet ons onnodig blootgestel word aan ander variante as dit beperk kan word?

Tubac ·

As al die ander lande dit doen hoekom nie ons nie? Is daar dalk iets wat ons nie van weet nie?

Suzette ·

Die variant is reeds hier…. net ‘n kwessie van tyd…

MakersMark ·

Stop enige reis tussen SA en die subcontinent – one time.

donsie ·

vir die eerste keer stem ek volkome saam met die EFF, hoop net die president gaan gehoor gee daaraan

Dirk Mostert ·

Onderskei die CPR-toets tussen die oorspronklike Covid-19 virus en elkeen van die mutasies, of moet vir elkeen afsonderlik getoets word?

Sarel ·

Hoekom word reise nie opgeskort nie. Indié is tans in krisis situasie . Waar is die Anti

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.