Beperkings op drankverkope ingestel

(Foto: Henk Kruger/ANA)

Slegs plekke soos restaurante, kroeë en sjebeens waar drank op die perseel verbruik word, sal toegelaat word om drank oor die Paasnaweek te verkoop. Drankwinkels sal dus verbied word om drank op Vrydag, Saterdag, Sondag en Maandag te verkoop.

Dit is van die veranderings wat pres. Cyril Ramaphosa Dinsdagaand aan die huidige afsonderingsregulasies aangekondig het. Hy het die land Dinsdagaand toegespreek ná afloop van vergaderings met verskeie belangegroepe in aanloop tot die Paastyd. Die land bly steeds op vlak 1 van afsondering. Ná afloop van verskeie versoeke van geloofsgroepe om byeenkomste oor die Paastyd te hou, het die regering wel besluit om die getal mense wat by openbare byeenkomste toegelaat word, tot 250 mense binnenshuis en 500 mense buite te vermeerder.

Ander regulasies, soos die huidige aandklokreël (van 00:00 tot 04:00) en die maksimum toelaatbare getal begrafnisgangers (100) bly steeds van krag. Strande en parke bly oop en Suid-Afrikaners mag ook steeds tydens die komende langnaweek oor provinsiale grense reis. Hulle word egter aangemoedig om liefs tuis te bly indien dit enigsins moontlik is. Dié regulasies sal weer binne die volgende 15 dae hersien word.

Suid-Afrika is nou reeds net meer as ʼn jaar in ʼn ramptoestand, waartydens verskeie vlakke van inperking geld. In dié tyd is meer as 1,5 miljoen mense met Covid-19 gediagnoseer en 52 000 sterftes aangeteken.

Die eerste Covid-19-inentings vind plaas by die Chris Hani Baragwanath-akademiese hospitaal in Johannesburg. (Foto: Verskaf)

Tans word ʼn gemiddel van 1 200 nuwe gevalle daagliks aangemeld en dié gevalle is vir die afgelope twee weke reeds stabiel. Die getal mense wat sterf of in die hospitaal opgeneem word, toon ook nie ʼn noemenswaardige styging nie. “Daarom het die regering besluit om die land op vlak 1 van inperking te hou. Dit is egter belangrik dat die nodige gesondheidsmaatreëls, soos die dra van maskers en die hou van sosiale afstande deurentyd gevolg word,” het Ramaphosa gesê.

Hy het voorts gesê dat Suid-Afrika se inentingsprogram “op koers” is en dat die eerste fase steeds binne drie maande sedert die aanvang in middel Februarie voltooi sal wees. “Suid-Afrika sal steeds op 1 Mei met fase twee van die inentingsprogram begin, waartydens ouer mense en mense met lewensbedreigende siektes eerste ingeënt sal word.”

Volgens Ramaphosa is 11 miljoen dosisse van die Johnson & Johnson-entstof reeds bekom en die regering is sterk op pad om nog 20 miljoen dosisse aan te skaf. 20 miljoen dosisse van die Pfizer-entstof is ook in die proses om aangekoop te word. “Hierdie dosisse sal genoeg voorraad bied om 41 miljoen van die bevolking in te ent.” Altesaam 2 000 persele, insluitend apteke, dokters se spreekkamers en groter ruimtes soos sportstadions is reeds geïdentifiseer waar entstowwe toegedien kan word.

Die president het gesê die inentingsproses sal deur middel van ʼn digitale stelsel geadministreer word, wat vereis dat lede van die bevolking eers aanlyn registreer voordat hulle ingeënt kan word. Die stelsel sal dan aan die betrokke kandidaat kommunikeer waar en wanneer hy of sy ingeënt sal word. Ná afloop van die inenting sal ʼn inentingsertifikaat uitgereik word.

“Lande kompeteer hard met mekaar om entstowwe in die hande te kry. Ten spyte van verskeie vertragings doen die Suid-Afrikaanse regering alles in sy vermoë om genoeg entstowwe in die hande te kry om te verseker dat soveel as moontlik Suid-Afrikaners in die kortste moontlike tyd ingeënt word,” sê Ramaphosa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Deon ·

Tyd dat hulle hierdie “virus” ophou misbruik teen ons as publiek,ons word soos marionette beheer, ek is nou siek en sat daarvan, klomp van hulle regulasies maak nie sin nie, kan dronk word in n restaurant en in die straat af huistoe ry, maar die ou wat rustig sy drankie by sy huis wil geniet mag nie vir hom daarvan aanskaf nie. Viva SA, weg met die ANC….

Nie Verbaas ·

Ek probeer ook agter die logika van die slim ANC kom wat die drank aanbetref maar dit bly my ontwyk.

Werner ·

Koop jou drank Woensdag en jy het vir die naweek.Weet nie wat gaan hulle bereik met die verbod nie.

Nico ·

Hoe dink Ramaposa, maak die drankwinkels toe, openbare drinkplekke bly oop waar is die social distance, kyk hoeveel mense gaan daar bymekaar kom.

Dirk Mostert ·

Staan vanoggend op met ‘n gekriewel in my keel en ‘n droe hoes. Dis sweerlik “pas-alle-simptome”-19, variant 501(c)(11). My verdiende loon omdat ek nie die huis gesanitiseer en hande gewas het voor slaaptyd nie, sosiale afstand veronagsaam en bowenal nie met ‘n gesigmasker geslaap het nie. Seker nie weens die muskiet wat ek ingesluk het nie.

Dirk Mostert ·

‘n Paar slukke “Stoney” het die gekriewel laat ophou.

Thom ·

Wêreldklas viroloë soos jy kan dit ook kry en dan sal die gekerm geen einde hê nie en as iemand baie na aan jou daaraan sterf sal dit natuurlik die regering se skuld wees wat nie streng genoeg regulasies afgedwing het nie !

Johan ·

Klink vir my na sinusitis,net neus en keel met ń irriterende droë hoesie agv ń lekkende sinus holte.

piper ·

dit maak geen sin nie. nou gaan die mense stroom na die drinkpkekkewaar hulle op mekaar sit en drink in plaas van by die huis drink. wat dalk gaan help is padongelukke kan dalk verminder.

Meisie ·

En dan sit daar ‘n TMPD karretjie om elke hoek en draai om die mense toe te sluit wat drink en bestuur.. Maar hoe maak mense dan nou?

H ·

hoe gaan pad ongelukke verminder , want nou gaan jy uit om te gaan suip en bestuur dronk !

Gato ·

Is CR se rekeningkunde net so swak soos Zuma s’n of het MM verkeerd berig?
11 + 20 + 20 = 41 ?

Geen logika in die reëls nie. 250 mense binneshuis by byeenkomste maar net 100 by begrafnis. Teiken die virus begrafnisgangers by uitstek?

Nie Verbaas ·

Ek is bly die regering dink hulle is ” op koers” met die inenting. Wie probeer hulle flous?

katerinadiekat ·

Wel almal het nou al salaris gekry so koop nou jou drank en drink dit tuis. Maar hierdie maak geen sin nie. Baie veiliger om by die huis te sit en drink as in openbare plekke, en dan huis toe te ry. Maar nou ja…

Nozi ·

Darem het hy “last round” geroep. Dit gee almal van jul wat so kla omdat bottelstore nou toe gaan wees vir 4 dae tyd om stock te gaan koop vandag en more en dan kan jy nog steeds rustig by jou huis sit en jou drankie geniet.

Tjom ·

Punt is, daar is GEEN wetenskaplike rede vir so n dom besluit nie.

Niel ·

Sjebeens is onwettig, so hul verkoop in elk geval drank, maak nie saak op watter level ons is nie. Ek is seker MM bedoel eintlik Taverns.

Ansie ·

Ek kan regtig nie sien wat die groot lawaai is omdat drankwinkelure beperk is nie. Die mense kan mos vandag en môre genoeg drank koop vir die naweek. Die drankwinkels sou in elk geval net Saterdag oop gewees het. En daarom kan ek ook nie die nut van hierdie beperking insien nie.

H ·

hulle dink nie so nie lol…………. want diep binne in hom weet hy die besluit is net plein DOM…

Marisa W ·

Dit kan ek nou nie verstaan nie, maak die drakwinkels toe sodat mense nie by die huis kan kuier nie, maar liewer in volgepakte sjebeens – red nou ‘n nasie met daai logika

Blikkies ·

Nou wat nou van al die derduisende ZCC kerk gangers by Moria oor die Paasnaweek. Gaan hulle net 500 buite toelaat? Ek wil graag sien hoe wys hulle daai klomp weg…..

Blikkies ·

Ja, ek wil sommer myself antwoord. Ek het op n ander berig gelees die byeenkoms is weer gekanseleer vir die tweede jaar en vra dus omverskoning vir my kommentaar. Sal nie weer nie……

Connie ·

Wat ek nie kan verstaan nie, is die sjebeens mag oop wees maar nie die drankwinkels nie. Regtig laat ek liewers stil bly.

Alet ·

Dit is juis by die shebeens waar die paw paw die fan slaan. Hoeveel van die foto’s doen rondte op sosiale media waar dit wys daar is geen disntansiering nie en nog minder dra die dronk spul maskers. Verlede Vrydag het my kind klub kampioenskappe gehad en oorkant die dojo het ‘n taxi gestaan met horde skoolkinders in skooldrag met glase drank. Vreeslik soos hule tekere gegaan het. Nie een het ‘n masker op gehad nie.

Miskruier ·

Dit bly n seer etterende sweer, drank in die hand van onbevoegdes. Waar 50% van ongelukke as gevolg van dronk bestuurders veroorsaak word. En dis nie net die ander soort wat oortree.

Robert ·

Selfoon gebruik tydens bestuur troef deesdae drankgebruik as oorsaak van ongelukke.

H ·

ek het nou al als gesien ! dit is seker die domste, domste domste besluit…. ek wil he hulle moet eleke een in die parlement vat vir n ik toets want magtag man , niemand met n brein maar sulke DOM besluite nie … dit is belaglik

Anthony ·

Ja-nee , gaan my verstand te bowe. Dis mos nou baie veiliger om by jou huis te kuier en braai met net jou onmiddelike familie om jou as om in n kroeg of eetplek te sit met talle mense van oral. Ek is bly vir die eetplekke se onthalwes maar regtig, hoekom die drankwinkels toemaak? Hoe dra dit by?

Cherokee ·

Wel, dit is redelik. Ek het gedink drankwinkels sal van vandag af gesluit wees en dat ons die opgegaarde drank sal moet terugneem. Ons kan dit hou.

Rooikoos ·

Ek verstaan nie die wetenskap agter hierdie besluite nie.

Robert ·

Geen van die regulasies is werklik op wetenskap gegrond nie. Alles duimsuig van die hoogste orde.

Nadine ·

Drank winkels moet toe maak!!!!! Wat is die doel dan dat bars ens oop mag wees? Koop ‘n drink dingetjie en gaan jou huistoe of klim nugter in jou kar by die huis, gaan kuier iewers in ‘n kroeg klim later in jou motor na ‘n paar doppe en ry huistoe. Waar trek mens die streep? Dit maak nie sin nie het hierdie mense regtig nugter gedink ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.