Beperkte dienste by Waltloo-lisensiekantoor ná inbraak

(Argieffoto: pixabay)

Die Tshwane-metroraad sê groot skade is aangerig toe daar laat Sondagaand by sy Waltloo-kantoor, in die ooste van die stad, ingebreek is.

Selby Bokaba, woordvoerder van die metro, sê die sentrum kon Maandag nie soos gewoonlik vir die publiek open nie, maar sal steeds diegene wat afsprake vir rybewyse of leerlinglisensies het, bedien.

Die inbraak is by die polisie aangemeld en ʼn ondersoek word gedoen.

“Die geraakte gedeelte is kwaai beskadig deur toerusting wat gebruik is om gedwonge toegang tot die bankgedeelte van die kantoor te verkry. As alles goed afloop en die polisie vandag alle vingerafdrukke kan neem, sal die sentrum weer môre [Dinsdag] sy bedrywighede hervat,” sê Bokaba.

Die stad het inwoners om verskoning gevra vir enige ongerief wat deur die sluiting van die kantoor veroorsaak is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eiervrug ·

Nou wat is nou anders?. Hulle doen in elkgeval niks. Of hulle nou “toerusting” het of nie….

Baardman ·

Ondersoek duur net 72 uur, daarna net ‘n sms wat sê saak word uitgegooi weens gebrek aan
leidrade

Daniel ·

Was toevallig daar vanoggend om ‘n afskrif van enatis aan te vra. Die hek was toe, persone by hek wat “hulp” aanbied, eintlik vra hy R800 se omkoopgeld om kamstig die dokument te kry.
Verlede week was ons blykbaar op die verkeerde dag daar aangesien die transaksies net op Maandae plaasvind.
Was weer genader deur persoon wat kon “help” vir R1500!
Wees versigtig vir hierdie kansvatters!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.