Beperkte getal toeskouers voortaan by sportbyeenkomste

Suid-Afrika mag voortaan weer – in beperkte getalle – hul gunstelingsportspanne gaan ondersteun. (Argieffoto: Anesh Debiky/AFP)

ʼn Beperkte getal toeskouers sal voortaan by sportbyeenkomste toegelaat word nadat die afsonderingsregulasies onlangs weer verslap is.

Luidens ʼn afkondiging van die minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Nkosazana Dlamini Zuma, in die Staatskoerant word tot 750 toeskouers vir binnenshuise byeenkomste en tot 2 000 toeskouers vir byeenkomste in die buitelug voortaan toegelaat.

Indien die perseel te klein is vir die voorgeskrewe getal mense om ʼn sosiale afstand van minstens 1,5 m te handhaaf, mag tot 50% van die beskikbare plek by die venue gebruik word. Dit bly onderhewig aan alle gesondheidsmaatreëls en sosiale afstandhandhawing.

Die regulasies geld vir beroeps- én nieberoepsbyeenkomste.

“Die daling in die getal [Covid-19-]infeksies, asook beraadslaging met belanghebbendes, het die weg gebaan vir erkende sportliggame om sportbyeenkomste aan te bied,” sê die departement.

Die departement het ook ʼn beroep op mense gedoen wat hul sportspanne gaan ondersteun om nie te vergeet dat Covid-19 nog nie iets van die verlede is nie.

Die regulasies tree dadelik in werking. Dit is boonop die eerste keer sedert die afsonderingsregulasies in Maart verlede jaar in werking gestel is dat toeskouers weer by sportbyeenkomste in Suid-Afrika toegelaat word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Anel ·

Nou wonder ek wat se sport is nou nog by skole? Dis dan amper eksamen tyd?

Madeleine ·

Net om mense aan te moedig om geent te word. Al die reels…
Nee dankie

Madeleine ·

Jy Sal net Kan gaan as Jy geent is… Waarheen hul mik.

Jakkie ·

Dis fine, gelukkig kan ek dan weer my dogtertjie se sport gaan kyk.

Dirk Mostert ·

In 1992 is “Ja” gestem om aan die Olimpiese Spele deel te neem. Twee jaar later kry ons ‘n kommunistiese ANC- regering. Nou moet ons geent word om sport te kyk. Watter prys gaan oor twee jaar betaal word?

Dries ·

Ai,nou moet Bloem en PE se rugby ondersteuners weer betaal word om te gaan.Al manier hoe hulle by 2000 gaan uitkom……mos

Marisa W ·

Balaglik – Kaapstad Stadion kan 55 000 neem en Nuweland 51 900 – om slegs 2 000 mense toe te laat gaan die onkoste nie eers dek nie – kleedkamers – skoonmaak – sekuriteit !?

Harley Davidson ·

Wie ondersteun nou spanne wat kwota sisteme toepas gebaseer op velkleur.

piet ·

Hulle gebruik dan steeds die lee stadions vir ‘n lang tyd gedurende Covid. 2000 is beter en ‘n verbetering op die niks van voorheen en oral ter wereld was dit ook die geval dat minder toeskouers toegelaat is by groot stadions.

Gerhard ·

Dit is redelik bitter by die soet….. Heel waarskynlik sal daar die reels wees soos, ten volle ingeent alvorens mag ingaan in die stadion…….Nee dankie….. Dan, dit sal hoegeneemd nie sin maak vir n unie om n hele stadion teen n baie hoë koste oop te maak vir slegs 2000 mense nie, want die geld wat inkom van daardie mense is nie eers genoeg om n gedeelte van die kostes te dek nie, dus, sal dit seker nie werklik gebeur op die stadium nie. Maak alles oop, so maklik soos dit.
Die wie die heel swaarste trek is skole, kinders waar ouers nie eers mag gaan kyk hoe ons kinders hulle geliefde sporte beoefen nie. Buitelug, oorgenoeg veiligheid, maar nee, ons mag nie……..

Johan ·

En die outopies vra vir strenger regulasies, en afdwing daarvan…hoe hulle n oorlog oorleef het weet ek nie. Ekt altyd gedink hulle is n dapper geslag.

KB ·

Wat ‘n nar is Dlamini Zuma nie met hierfie “vergunning” nie.
Gaan kyk hoe lyk die skares in Europa, die VSA, die VK.
Wie bluf sy?!

Jakkie ·

Ek stem saam! Maar die rede hoekom daar so groot skare mense is, is oor meerderheid van daai mense ten volle ingeent is. Ek begin al hoe meer dink Suid Afrika se mense is net plein dom.

piet ·

Ander lande het ook so begin met klein getalle totdat hulle mense ten volle ingeent is……..

Johann ·

Ek wil sien hoe iemand bv. ‘n massa “people” by ‘n sokker wedstryd tot 2000 beperk? Maar hey….dis verkiesing en die ANC sal ENIGIETS doen om sy “people” te please.

Johann ·

Ja wel as hulle Zuma by die hek sit om te tel behoort daar nie n probleem te wees om die sokkermal massas tot 2000 te beperk nie. Twenti 2 hundrid ant 50…seveti 400 ant 19…1000 ant hundrit and 99….one twenti fousant and Minus 867….2000! TADA en die FNB stadion is VOL!

Harley Davidson ·

Wie ondersteun nou spanne waar die kwota sisteem afgeforseer word deur die regering gebaseer op velkleur

piet ·

Al ons nasionale spanne word op meriete gekies so ek ondersteun al ons nasionale spanne.

Misky ·

Waar kom jy aan die bewering @Piet? Bly jy in SA en volg jy die nuus?

Harley Davidson ·

Miskien in n eerste wêreld land in die piesang Republiek van Suid-Afrika kies die ANC wie speel waar.

Johanncb ·

Wag tot Desember. Dan plaas sy ons almal weer met siekverlof en perk ons in tot na nuwejaar!

Erica ·

Ek sal liewer gehok bly, as om langs jou te sit wat my nog steeds kan aansteek met covid. So ek weet nie hoekom jy so aan gaan oor jou jab nie.

Anoniem ·

Nogal goed deurdenkte syfers die.

Nommers 751 en 2001 is BESLIS vir Covid geselekteer …

Strandloper ·

Sjoe klink soos n klomp hart lyers…klae en steun oor alles?

Surfer ·

Maar Cosatu en Numsa kan met duisendes in Johannesburg en ander plekke se nou strate marsjeer en 90% sonder maskers, skouer aan skouer, singend. Welkom Covid fase 4.

Dirk Mostert ·

‘n Goeie ding. Laat die marsjeerders toets of die sosiale afstande en maskers iets werd is.

VaalDonkie ·

Ek roofkyk* maar my rugby oor die internet soos in die verlede. Dankie.

*ek het jare gelede vir Media24 gewerk en dus ‘n “staff account” vir DSTV gehad. Ek het dit gekanselleer toe ek “retrench” is, maar hulle wil nie vir my ‘n gewone DSTV rekening gee nie want “you are still listed as having a staff account”. En die ou wat my sou kon help, het ‘n paar jaar gelede gesterf aan ‘n hartaanval en niemand weet nou wie anders my kan help nie. So selfs as ek WOU DSTV kry, is dit onmoontlik want ek werk nie meer vir een van Naspers se maatskappye nie en ek kan ook nie vir ‘n gewone pakket aansoek doen nie. So my gewete is skoon.

SjN ·

2000 mense in die buitelug, hoe kom hul by die getal uit, seker duimsuig berekening.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.