Beperkte getal toeskouers voortaan by sportbyeenkomste

Suid-Afrika mag voortaan weer – in beperkte getalle – hul gunstelingsportspanne gaan ondersteun. (Argieffoto: Anesh Debiky/AFP)

ʼn Beperkte getal toeskouers sal voortaan by sportbyeenkomste toegelaat word nadat die afsonderingsregulasies onlangs weer verslap is.

Luidens ʼn afkondiging van die minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Nkosazana Dlamini Zuma, in die Staatskoerant word tot 750 toeskouers vir binnenshuise byeenkomste en tot 2 000 toeskouers vir byeenkomste in die buitelug voortaan toegelaat.

Indien die perseel te klein is vir die voorgeskrewe getal mense om ʼn sosiale afstand van minstens 1,5 m te handhaaf, mag tot 50% van die beskikbare plek by die venue gebruik word. Dit bly onderhewig aan alle gesondheidsmaatreëls en sosiale afstandhandhawing.

Die regulasies geld vir beroeps- én nieberoepsbyeenkomste.

“Die daling in die getal [Covid-19-]infeksies, asook beraadslaging met belanghebbendes, het die weg gebaan vir erkende sportliggame om sportbyeenkomste aan te bied,” sê die departement.

Die departement het ook ʼn beroep op mense gedoen wat hul sportspanne gaan ondersteun om nie te vergeet dat Covid-19 nog nie iets van die verlede is nie.

Die regulasies tree dadelik in werking. Dit is boonop die eerste keer sedert die afsonderingsregulasies in Maart verlede jaar in werking gestel is dat toeskouers weer by sportbyeenkomste in Suid-Afrika toegelaat word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

36 Kommentare

jongste oudste gewildste
Anel

Nou wonder ek wat se sport is nou nog by skole? Dis dan amper eksamen tyd?

Madeleine

Net om mense aan te moedig om geent te word. Al die reels…
Nee dankie

Dries

Ai,nou moet Bloem en PE se rugby ondersteuners weer betaal word om te gaan.Al manier hoe hulle by 2000 gaan uitkom……mos

Marisa W

Balaglik – Kaapstad Stadion kan 55 000 neem en Nuweland 51 900 – om slegs 2 000 mense toe te laat gaan die onkoste nie eers dek nie – kleedkamers – skoonmaak – sekuriteit !?

Gerhard

Dit is redelik bitter by die soet….. Heel waarskynlik sal daar die reels wees soos, ten volle ingeent alvorens mag ingaan in die stadion…….Nee dankie….. Dan, dit sal hoegeneemd nie sin maak vir n unie om n hele stadion teen n baie hoë koste oop te maak vir slegs 2000 mense nie, want die geld wat inkom van daardie mense is nie eers genoeg om n gedeelte van die kostes te dek nie, dus, sal dit seker nie werklik gebeur op die stadium nie. Maak alles oop, so maklik soos dit. Die wie die heel swaarste trek is skole, kinders… Lees meer »