Beperkte watertoevoer na Pretoria-buurte weens lek

(Argieffoto: Pixabay)

Talle woonbuurte in Centurion en Pretoria se watertoevoer is drasties beperk weens ʼn lekplek in die Rand Water Klipfonteinstelsel.

Lindela Mashigo, woordvoerder van Stad Tshwane, sê in ʼn verklaring Rand Water het besluit om weens die lekkasie watertoevoer aan sommige van Tshwane se reservoirs met 50% te beperk. “In die lig hiervan moet Stad Tshwane se grootmaatwatereenheid die uitvloei van water na spesifieke reservoirs wat water deur die Klipfonteinstelsel ontvang, beperk,” verduidelik Mashigo.

Die volgende gebiede sal deur waterbeperkings geraak word:

Mnandi
Rooihuiskraal
The Reeds
Bakenkop
Sunderland Ridge
Raslouw
Erasmia
Valhalla
Loulardia
Laudium
Atteridgeville
Suiderberg
Clifton
Brakfontein
Hercules

Mashigo sê inwoners van bogenoemde gebiede word aangeraai om vir die volgende 48 uur water spaarsaam te gebruik om ʼn watertekort te verhoed. Die Stad sal na verwagting later meer inligting oor die herstel van die lekplek gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

John ·

ANC= A New Crisis… looms once again… Please vote for a new problem every day…
We want to be more like Zimbabwe, our motherland… Start looking for an new currency… Oh, I forgot, Brics is doing it… to spite the West…

Blaarman ·

@John

Die ANC is skuldig van baie dinge. Maar wie sê hulle was die keer te blaam?

Waterlekkasies gebeur… dis nie uniek aan die ANC regering nie en ek is redelik seker dit het onder die ou bedeling ook gebeur.

frikkie ·

so 8 maande terug het hulle hele server kamer infrastruktuur in alberton oorverhit omdat hulle nie die lugversorgers in stand gehou het nie. paar kritiese goedjoes gekalf waarmee hulle iot gepraat het. wou nie die goed vervang nie en allerhande slim redes aangevoer hoekom hulle by n bee mpy wou koop. gewonder hoe lank dit gaan vat voor als poef

Ronel ·

Wees bly julle het beperkte watertoevoer. In Kroonstad is daar dele wat al n week lank GEEN water het nie. Alles te danke aan swak munisipale bestuur en onkundige werkers

GRIET ·

MENSIG…maar dis ñ erge stryd om possitief te bly ??? asit só gaan!

Dienkie ·

Ja Griet alles in Suid-Afrika is die afgrond IN “geGUPTA of “geBEE.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.