Beplande wateronderbrekings in Pta uitgestel

Argieffoto

Argieffoto

Die stadsraad van Pretoria het besluit om die geskeduleerde instandhouding en opgradering van die waterverskaffingsnetwerk in die oostelike voorstede van Pretoria onbepaald uit te stel.

Maroela Media het vroeër berig sekere woonbuurte in Pretoria sal moontlik vandeesweek oor ʼn tydperk van 48 uur geen water hê nie.

Die instandhouding sou Dinsdag begin het en 48 uur duur. Dit is nie duidelik wanneer die instandhouding en opgradering sal plaasvind nie.

“Die Stad Tshwane vra om verskoning vir enige ongerief wat hierdeur veroorsaak word.”

Die voorstede wat hierdeur geraak sou word, is:
Alphenpark
Ashlea Gardens
Die Wilgers
East Lynne
Ekklesia
Equestria
Brummeria
Constantiapark
Eersterust
Faerie Glen
Garsfontein
Jan Niemandpark
Kilnerpark
La Montagne
Lynnwood
Lynnwood Glen
Lynnwoodpark
Lynnwoodrif
Moreletapark
Meyerspark
Murrayfield
Mamelodi
Menlyn
Newlands
Queenswood
Rietfontein
Samcor Park
Silverton
Silvertondale
Val-deGrace
Villieria
Waltloo
Waterkloof Glen
Waverley
WNNR

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Edward ·

Wat is die rede vir die uitstel? Ek bly in Moreletapark. Ons is die afgelope jaar nou al 3 keer geraak deur ‘n waterpyp wat in Devillabois naby die BP garage gebars het. Dit was ongerief. Hierdie kon ons voor beplan. Wat is die nadeel van die uitstel? Meer onbeplande water pype wat gaan bars? Kan die stadsraad nie meer inligting gee nie?

Wat-ek-lees ·

Prioriteit is die verandering van straatname. Onderhoud van infrastruktuur is onder aan die lys. Ook is die beplanning daarvan té ingewikkeld. Natuurlik is daar ook nie geld daarvoor.

Lida ·

Dit maak mens die hoenders in. Mens stel jouself in, maak voorsiening vir kanne ens en dan gebeur daar niks. Kan daardie mense dit nie maar net doen en klaarkry nie. Genade sekerlik moes dit vooraf beplan gewees het. Maar nou-ja, ons weet almal waarmee ons te doen het.

Theresa ·

Waarom word dit uitgestel? Waarom weet die Stadsraad nie wanneer dit gedoen gaan word nie? Wie se dagboek is weg??? Dit word mos nie sommer impulsief gereël nie!

Hein ·

Mense moet nie kwaad word nie. Gaan trek julle kruisie die 3de Augustus en stem hulle uit! As julle verteenwoordiges nie wen nie kan julle in 2019 weer ‘n kans kry.

Lida ·

Hein ek stem saam. Al wil ons nie vir die DA stem nie moet ons nou vir hulle stem want hulle is die enigste party wat ‘n 100% kans staan om die ANC uit te kry. Ons kan 2019 stem vir ons eie partye, maar nou is dit reg of weg met die ANC. As die DA nie aan ons behoeftes voorsien kan ons later daaroor bekommer. Die punt is net die ANC moet nou uit en die DA kan ons red uit hierdie ellende.

DewaldS ·

Wie is ‘hulle’wat moet uitgestem word en hoe het ‘hulle’ daar gekom?

DewaldS ·

Wie is ‘hulle’wat moet uitgestem word en hoe het ‘hulle’ daar gekom?

Of probeer ons maar presiese dieselfde ding oor en oor en verwag skielik ‘n nuwe uitkoms?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.