Berading ná rassistiese uitspraak

'n Skermskoot van die Facebook-inskrywing.

‘n Skermskoot van die Facebook-inskrywing.

Die munisipale beampte van Oudtshoorn wat verlede jaar ʼn herrie op sosiale media veroorsaak het nadat hy gesê het “witmense se tonge moet met ʼn kapmes uitgesny word”, sal berading in diversiteitsbestuur ontvang.

Maroela Media het in Oktober berig die Oudtshoorn-munisipaliteit ondersoek een van sy beamptes, Vuyisa Forplay, wat onder die naam Vuyisa Bhefile Ka Hlazo uitlatings op Facebook gemaak het. Forplay het onder meer gesê hy kan nie wag om te sien hoe witmense die landsgrense met hul besittings oorsteek nie.

Ntobeko Mangqwengqwe, woordvoerder van die munisipaliteit, het Dinsdag gesê Forplay het intussen ʼn geskrewe waarskuwing ontvang en is gemaan dat ʼn soortgelyke voorval tot “streng dissiplinêre stappe soos afdanking” sal lei.

“Mnr. Forplay het berou getoon en om verskoning gevra vir sy optrede. [Hy] is aangesê om diversiteitsbestuur-berading te ontvang en voortaan aan die munisipaliteit se gedragskode te voldoen,” het Mangqwengqwe gesê.

In ʼn soortgelyke voorval het die Gautengse departement van sport, kuns, kultuur en ontspanning vroeër in Januarie ʼn werknemer geskors na aanleiding van ʼn inskrywing op sosiale media waarin gesê word dat witmense “verdien om soos die Jode opgekap en doodgemaak te word”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Vixie ·

‘n Geskrewe waarskuwing? Wat ‘n grap! En ek wonder of die persoon wat die waarskuwing uitgereik het darem beter Engels kan praat?

Paula ·

Hy moet afgedank word. Geen opgevoede mens sal sulke snert kwyt raak nie. Hy is nie geskik vir sy posisie nie.

Tascha ·

Jinne maar die onderskeid is darem so duidelik sigbaar! Penny Sparrow en Gareth Cliff is summier afgedank vir hul uitlatings maar hierdie blikskaters word waarskuwings gegee en geskors met betaling… Hoe is dit regverderdig? Ag nee wat ons wittes kan nie wen teen die massas nie.

ZAR ·

Met groot skok gaan hulle agterkom, hulle massas gaan hulle nie red nie,
net soos dit gebeur het in ons boere geskiedenis

Jannie ·

Jy wys nou mooi die probleem uit waarmee Maroelamedia sit. Klomp rassiste wat nie anders kan as om hul eiertjies te le nie. Jy weet, hulle en ons, gebou op ras.

HEVW ·

Kan my nie indink dat so n persoon met so n psige en persoonlikhed kan berou toon nie en ek glo sy verskoning is blood lippetaal terwille van die behoud van sy pos.

Elmien ·

Berading gaan nie sy hart verander nie. Wat moet ons wittes nou sê van die rassisme teen oor ons. Ons is ook moeg daarvoor. Rassime sal altyd daar wees ons moet weer leer om respek vir mekaar te hê.

Andre ·

Ek stem 100% met jou saam Elmien. Sal graag will sien hoeveel beraders my van my sienswyse sal laat afsien !

Jf van Rooyen ·

Berou getoon vir wie lieg hy seker vir sy baas maar vir geen witmens nie kani glo hulle val vir die erge rassis se liegstorie nie wittes sê nie eers naby sulke goed nie dan verloor hulle hulle werk wonder wie is eintlik die rassiste ?? Hy en sy base verseker !!

ZAR ·

O , so die swartes word gewaarsku of geskors met hulle haatspraak en aanmoediging om blankes uit te moor en die wittes wat rassisties uitsprake maak word sommer net af gedank?

Dit is mos ook nou rassisties is dit nie? Ek het nuus vir jou forplay, jy gaan nie daai genot he om die blankes oor die grense te sien vlug nie,want hierdie is ons land ook!

Poppie ·

Meer onregverdig as dit kan jy nie kry nie. Wittes verloor hulle pos en salarisse

Jf van Rooyenjfvanrooyen ·

Vir wie lieg hy ? hy is ñ bitter groot rassis as witmense iets sê word hulle gefire hy en sy base is die eintlike rassiste net ñ waarskuwing so hulle keur dit goed

Jan maak n Plan ·

Met die sogenaamde berading, sal hy seker net geleer word om slimmer rassisties te wees en nie met sy voet in sy mond gevang te word nie. Dit is hierdie land se groot probleem – mense in hoe poste kan nie die witmense verdra nie.

Frederik ·

Jan Plan, wat jy eintlik sê is dat Swartes nie Wittes kan verdra nie. Ek glo die teenoorgestelde is ook waar.

anne ·

Elizabeth, ek weet my kommentaar gaan seker verwyder word maar ek moet se ek stem saam met jou.

Dup du Plessis ·

…en om te dink ‘n groot deel van sy salaris word deur die einste wit-mense van Outshoorn betaal…..tragies as mens daaraan dink……

Loeis ·

Is hierdie nie so bietjie ernstiger as wat die ekonoom van Standard Bank (wie afgedank is) gese het nie?

Trots Afrikaans ·

Loeis, al wat ek jou kan sê is dat ek nie meer by Standard Bank bank nie.
Die res van hulle kliente het die reg tot hulle eie keuse ….

Manie ·

Berading se dinges. Raak ontlsae van so persoon. Onmiddelik. Hy is n gevaar vir die samelewing. Berading gaan nie help nie.

Eddie ·

Wat n grap is dit nie. Ons blankes moet doen wat hulle doen en gaan toy toy voor sy kantoor dat hy soos al die wittes wat afgedank is oor nie eers naastenby dieselfde rassistiese uitlaatings ook sy werk moet verloor. Die ANC is maar nou eenmal die grootste rassiste wat daar kan wees.

Alta ·

Ons moet besef dat dit nie net die ANC is nie. Almal van ons mede landgenote het ‘n inherente genetiese issue met wat hulle is. Pleks van om te aanvaar wie en wat hul is aangesien dit die kaart is wat gedeel is

Isobel ·

Ek is seker as dit nou n wit man was wat n rasistiese uitlating gemàak het was hy sumier geskors

jaco ·

Kom ons los finaal hierdie lelike optrede teenoor wit mense op. Ek het twee voorstelle:
1. Deporteer AL Suid-Afrika se wit mense. Dan is die gaping tussen die “haves” en die “have-bots” dadelik weg, apartheid en wit mense hoef dan nie meer vir alles wat verkeerd is geblameer te word nie en dan is daar nie meer rassisme nie, want rassisme is mos ding/sonde/euwel/gewoonte wat net in wit mense is.
2. Pas volle apartheid en second class citizenship behandeling op die wit minderheid toe. As die 5 miljoen wittes dit vir dekades met 30 miljoen swartes kon doen, zal sit baie makliker met tans skaars 4 miljoen mense gedoen kan word. Gee ons net zekere gebiede om in te woon en gee ons net zekere soorte werk. Vat ook Afrikaans weg. Maar doen alles amptelik; dan weet ons presies wat van ons verwag word, watse bietjie regte ons nog het. Die huidige non-racial demokrasie werk nie. Dit gee wonderlike regte vir almal, maar net op skrif. Dit word inkonsekwent toegepas, so mens weet nooit waar het jy regtig daardie regte en waar het jy dit nie.
Die Turkse Ryk het die Jode so behandel. Die Jode kon net zekere soorte werk doen en hulle kon net in zekere gebiede bly. Die Jode het dit so aanvaar, hulle daarby aangepas en baie het zelfs skatryk geword uit dit wat hulle wel mag gedoen het.

Berhalet Beukes ·

Hy het “berou” getoon? Wat ‘n goeie akteur, hy verdien beslis ‘n Academy Award want hy lieg! Die hele regering moet ‘n slag vir berading gaan, hulle koppe laat lees en ‘n slag hulle ruggraatlose, slapgattigheid stop sit! Genoeg is ook genoeg!

jaco ·

Die DA is vinnig om te kla wanneer die ANC swart op wit rassisme BAIE ligter straf as “tradisionele” wit op swart rassisme. Hier in Oudtshoorn doen die DA-beheerde stadsraad egter nou presies wat die ANC sou doen. Wat help net n geskrewe waarskuwing en berading? Vir AL hierdie politici, ook die DA, gaan politiek eintlik net oor een ding: GELD. Dis mos lekker om as raadslid ‘n vet salaris EN n motor EN n groot huis EN onthaaltoelaes te Kry. waarom dan nou omgee vir die wat vir hulle gestem het…

Vicus ·

Doen wat ons gedoen het: Vra die DA verteenwoordiger in oudshoorn om sy leier te versoek om hierdie kerel se optrede op Nasionale televisie te veroordeel en gee hom of haar n keerdatum waarop sy met Vusi Maimane se besluit na julle moet terugkom. Vra tweedens julle DA verteenwoordiger om in terme van artikel 16 van die grondwet en artikel 10 van Wet 4 van 2000, n haatspraak saak aanhangig te maak en sien of hulle gaan reageer

C10H ·

Ek ervaar net baie diep gewortelde agressie by hierdie persoon. ‘n Gevaarlike mens in die samelewing.

Vic ·

Wel – ek neem aan die blanke dorpenaars het n keuse of hulle hulle fooie aan so n dorpsraad wil betaal of nie? Geld wat krom is…….

Berhalet Beukes ·

Dit laat ‘n mens se bloed kook… Hulle is almal klomp huigelaars.

nig ·

Sy “ancestors” moet hom help?! Ag mens hoef nie eers verder daaroor te dink nie, hy sal homself uitsorteer met sy houding, die wiel draai mos maar… Pleks hy vir taalklasse gaan, dan doen hy ten minste iets positiefs vir homself. Maar ja, die wiel draai…

Schalk ·

Sy uitlatings staaf maar net die dokumenter “Africa Addio” En so sal dit wees, plunder moor en verkrag.

Vicus ·

Ja nee Schalk, hulle het ons destyds in die weermag daarna laat kyk. Ek dink as VM Africa Adio sien, maak hy sy broek vuil en emigreer!

Theresa ·

SJoe, maar die menere mag kwytraak net wat hul wil. Met ‘n kamstige beroutjie of wat. Belaglike belissing vir net waarskuwing. DIe wreedheid wat hier deur 2 wreedaards geuiter word vir wye leeskring, is afskuwelik verby. Dis sotheid en moet assulks hanteer word. Dank hul af! Dan is dit gelyk met wat met D A dame gedoen was!
Afdanking en skorsing van als waaraan hul behoort. Dan berading. Dan opvolg. Dan die waarheid sien.

Liewe heksie ·

Eendag is eendag Dan gaan (moet) die popo die fan strike Hul koggel ons nou

Flippie ·

Die Oudtshoorn munisipaliteit bewys dat hulle die eintlike rassiste is. Witmense is gruwelik belefig en verneder deur die rassis wat ‘n werknemer van die munisipaliteit is en nou brskerm hulle hom. As hy wit was was hy al lankal sonder salaries geskors.

Sorika ·

Hierdie herinner my net weereens aan Dawid en Goliat. Ek dink ons almal wat God dien en nie voorvaders nie sal weet wie wen op die einde.

Johan ·

Wat n’ grap. As hy wit was sou dit op elke SABC gesels program gewees het en hulle hom verkla het. Klaas ek hoop jy lewer kommentaar oor sy spelling.

Bajaj ·

Hoe kan ‘n ouer ‘n kind maan om nie te rook nie of hom/haar straf indien hy/sy dit doen as die ouer self ‘n roker is? Dit is waar ons staan met rassisme en haatspraak. Hoe kan die regering of die ANC enige iemand vervolg, bruin, wit of swart, vir rassisme of haatspraak as hulle self daaraan skuldig is? Wanneer enige iemand enige iets kry of nie kan kry nie op grond van velkleur as kwalifikasie, dan is dit rassisme en/of diskriminasie gegrond op ras. Daarom is regstellende aksie en BEE niks anders as blatante rassisme en diskriminasie. En daarom sal rassisme nooit in SA verdwyn nie, want dit word aangemoedig en gewettig deur die ANC regering. Wat het van Mandela se “profesie” geword dat nooit weer sal een groep ‘n ander groep onderdruk of domineer nie? Wat van ons konstitiesie wat se daar sal nie teen enige iemand gediskrimineer word op grond van ras, geslag, godsdiens of seksuele voorkeur nie? Is dit dan alles net een groot klug spul?

kobus ·

Waar is Solidariteit in hierdie saak? Almal was hul monde uit oor wit rassisme. Sal voorstel dat die persoon deur die reg aangevat word soos met wittes gedoen word

Jaco ·

Rassistiese wittes word summier afgedank en hierdie rassistiese swarte kry net n waarskuwing en berading. Wat hierdie incident in Oudshoorn egter nog meer absurd maak, is dat Oudshoorn n DA-beheerde stadsraad het. Is hierdie ligte straf n teken dat die DA eintlik ook nie worry oor rassisme teen wit mense nie, of is die DA bang vir die ANC???

Dan ·

Maklik om te se hy het omverskoning gevra, bewys dit. Hy het reeds gese dat hy sal nie sy mening verander nie al maak hulle wat.Hy bly in sy pos KORT EN KLAAR

leonie booysen ·

Dubbele standaarde dring aan tot onmidelike ontslag

Anoniem ·

Mense…..geen afdanking of enige ernstige stappe gaan jou hart verander nie. Rassis gaan jy bly!!!!!!

Danny Muller ·

Die kommentaar oor die haatspraak is eensydig en die kontras is duidelik dat ons gemeenskappe verdeeld is en hoegenaamd nie met mekaar dedurende werk of na werk vereenselwig is nie.Polarisasie sal altyd konflik bring maar samewerking vir n gemeenskaplike doel naamlik verdraagsaamheid sal uitgebuit word deur die opperse gesag van beide partye en bloed is dikker as water.Negatiewe persone is geen voordeel vir die land of sy mense nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.