Berading vir gesinne ná KZN-blouligongeluk

blouligTwee vroue, wat Vrydagaand dood is in ʼn ongeluk met die premier van KwaZulu-Natal se begeleidingsvoertuig, se gesinne sal traumaberading en ondersteuning van die Padongelukkefonds ontvang.

Premier Senzo Mchunu het Sondagaand in ʼn verklaring gesê Buyi Hadebe en Nonto Ximba se gesinne, van Empangeni in KwaZulu-Natal, sal deur die provinsiale regering ondersteun word, “om seker te maak hul geliefdes ontvang ʼn behoorlike begrafnis”.

Mchunu het dié aankondiging gemaak nadat hy met die gesinne vergader het.

Maroela Media het vroeër berig die Toyota Yaris waarin die vroue gery het, het Vrydagaand omstreeks 19:30 teen ʼn Ford Ranger-bakkie, wat deel is van Mchunu se begeleidingsvloot, op die N2-snelweg naby Zinkwazi gebots.

Twee persone wat in die blouligvoertuig gery het, het geringe beserings opgedoen. Hadebe en Ximba, albei in hul 30’s, is op die toneel dood.

Mchunu, wat amper daagliks van Empangeni reis na afsprake en sy kantoor, was nie in die blouligbrigade tydens die botsing nie en het ʼn ondersoek na die voorval geëis.

“ʼn Span beamptes van die menseregte-eenheid en die kantoor van die status van vroue en kinders in die Kantoor van die Premier, sal bystand lewer om die regering se ingryping te koördineer,” het Mchunu bygevoeg. “Die Padongelukkefonds sal die gesinne bystaan, insluitend diegene wat beseer is, om hul eise in te dien, soos deur die wet voorgeskryf word.”

Mchunu het gesê die hooffokus is om seker te maak dat die kinders van die slagoffers nie haweloos gelaat word nie en dat hulle ʼn blink toekoms sal hê. “Die Padongelukkefonds sal die eis aan die verlies van inkomste hanteer vir die kinders, aangesien hulle op hul ma’s vertrou het vir finansiële ondersteuning.

Mchunu het gesê begrafnisreëlings vir Hadebe en Ximba sal deur die loop van die week bekend gemaak word.

Lees alle vorige berigte oor KZN-blouligongeluk op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Uys ·

Ek verstaan dat enige persoon die afsterwe van ń geliefde moet hanteer en verwerk.
Ek wil graag net weet waarom moet die padongeluksfonds gebruik word.
Die bestuurders van die voertuig moet self vergoed of uit die LUR van Durban se sak kom.

Carin ·

Ek verstaan ook nie hoekom die padongelukfonds ter sprake is nie. Verder neem dit mos jare om vergoeding van hulle te ontvang?

santa ·

Hkm word daar dan ni berading en bestand verleen vir di families van al di plaasaanvalle ni?

Wat-ek-lees ·

Sou dieselfde gebeur het met die blouligongeluk op 23 Des 2015 waarin Herman van Schalkwyk gesterf het naby Amsterdam? Ek glo nie want . . . . (voordat MM my kommentaar afskiet).

Karma ·

Dan sal ek maar jou kommentaar vir jou voltooi, Wat-ek-lees, want Maroela sal in elk geval nie my kommentaar pos nie. Daar sal niks gebeur na die ongeluk waarin Herman van Schalkwyk (RIV, Herman) gesterf het naby Amsterdam nie, want … hy is blank.

Marous ·

Die padongeluksfonds dan bankrot… hoekom as dit bloulig brigade is moet almal op aandag spring?? Ek hoop die naasbestaandes dagvaar die blou rook uit julle uit!

Kiewiet ·

Die blouligbrigade se skuldlas strek net so ver as wat dit moonlike stemme in die kommende verkiesing kan kos. Dit moet mos darem die slagoffers wys hulle stem reg

Antie ·

En wat van die bejaarde wat oorlede is in Desember waar sy dood ook veroorsaak is deur die blouligbrigade???? Ek glo nie sy familie het enige berading of wat ookal van staat ontvang nie

Lee ·

Dit maak my boos dat SA net vir sekere rasse hulp aanbied en nie vir alle Suid Afrikaners nie. Rou net swart families en het net hulle nie geld nie. Kom by!!! Meer wittes sukkel deesdae. Doen die somme (as julle kan).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.