Berading vir jong meisies met ouer kêrels

Die foto van die raadslid en die gr. 10-meisie wat op sosiale media versprei is. Foto: Twitter

Die foto van die raadslid en die gr. 10-meisie wat op sosiale media versprei is. Foto: Twitter

Die Gautengse provinsiale regering het Vrydag gesê hy sal sielkundige diens bied aan jong meisies in ’n verhouding met ouer mans.

Qedani Mahlangu, LUR van gesondheid, het Pretoria besoek waar ʼn Tshwane-raadslid aangekla is van statutêre verkragting nadat hy in ʼn verhouding met ʼn tienermeisie was. Die verhouding het op die lappe gekom nadat ʼn foto van die raadslid en die gr. 10-meisie wyd op sosiale media versprei is.

Die verhouding het glo twee jaar gelede begin toe die meisie 16 jaar oud was. Sy het vanjaar 18 geword, terwyl die raadslid in sy 50’s is.

Die meisie se ma het verlede week aanklagte aanhangig gemaak, met die ANC Vroueliga wat haar ondersteun. Hulle het gesê die meisie was ʼn minderjarige en daar was dus geen instemmende seksuele verhouding toe die verhouding twee jaar terug begin het nie.

“As jy ʼn jong meisie is en jy voel vasgevang in ʼn verhouding met ʼn ouer man of is bekommerd oor ʼn familielid of jong meisie in ʼn gewelddadige verhouding, bel die Gauteng-regering se openbare blitslyn by 0860 011 000,” het Mahlangu gesê.

“Die Gauteng-regering respekteer die regsprosesse wat tans aan die gang is, maar doen ʼn beroep op alle inwoners van Gauteng, veral mans, om die regte van jong meisies te respekteer en hulle te weerhou van seksuele aktiwiteite met minderjarige meisies.”

Lede van die Gauteng uitvoerende raad het Mahlangu vergesel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Theresa ·

Absoluut walglik. Sulke mense het geen mentaliteit nie………………………………

neelsie ·

Wanneer seks so n groot houvas op jou lewe het , kom die dierlikheid sterk na vore…..
Maak die oortreders bekend, hoe kan so n mens n verantwoordelike pos beklee?
Dis net misbruik van n gesagsposisie.

Bleek Sannie ·

Dis niks anders as prostitusie nie en ek wonder hoe die VIGS insidensie en ongewenste swangerskappe wat VIGS wesies voortbring met die besluit om berading beskikbaar te stel te doen het. Die regering het tog nog nooit werklik ingegryp of vere gevoel t.o.v. geweld teenoor vroue nie. Ek dink dit gaan oor die VIGS insidensie in dié jong ouderdomsgroep wat bietjie hand uit ruk.

ELSABE ·

Ek praat dit gladnie goed nie maar ‘n pyp het 2 punte, sy is agter sy vlippen geld aan man!!!!

pop ·

Lyk nie vir my of daai lady nie daar wil wees nie. Is vir hom n pluimpie dat hy jong vrou kan kry en vir haar dat sy man in gesagsposisie het. Gaan sy ook aangekla word vir verleiding van ouer man??? Daars baie van die klas meisies wat ouer mans nie uitlos nie.

Janine N ·

Lyk ook nou nie asof die poppie ‘vasgevang’ is in ‘n ongewenste verhouding nie, of hoe? Smaak my eerder sy het ‘n paar pakslae gemis. Maar wag, hulle het mos AL die regte, en ouers het GEEN! Pure origheid.

DAAN ·

AS ‘N MEISIE ONDER 16 JAAR IS KAN SY NIE TOESTEMMING GEE NIE. DIE BERIG MELD DAT SY 16 WAS EN DUS KAN DIE MA NIE ‘N SAAK VAN STATUTERE VERKRAGTING MAAK NIE. DIS NOG STEEDS NIE REG DAT ‘N ONDERWYSER ‘N VERHOUDING HET MET ‘N LEERLING NIE.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.