Bêre jou bonus, Bublé kom SA toe

Michael Bublé op die verhoog. (Foto: Instagram/@MichaelBublé)

Aanhangers van Michael Bublé moet maar ʼn spaargeldjie opsy sit – dié Grammy-bekroonde kunstenaar is op pad na Suid-Afrika toe.

Big Concerts het Maandag op sosiale media aangekondig dat die 48-jarige, bekend vir treffers soos “Haven’t Met You Yet”, op 16 en 17 April by die GrandWest Casino se Grand Arena in Kaapstad, en 19 en 20 April by die SunBet Arena by Time Square in Pretoria te sien gaan wees.

Dié optredes vorm deel van die sanger se Higher-toer en sluit gunstelingtreffers soos “I’m Feeling Good” en “Everything” in, sowel as liedjies van sy jongste album, ook getiteld Higher.

Dit sal Bublé se derde konserttoer na Suid-Afrika wees nadat hy onderskeidelik in 2015 en 2011 voor uitverkoopte gehore in Kaapstad en Sun City gesing het.

Kaartjies is eksklusief by Ticketmaster beskikbaar en voorverkope vir Discovery Bank-kliënte open Dinsdag 12 Desember om 09:00. Verkope vir die publiek sal op 14 Desember om 09:00 beskikbaar wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.