Beroep op regering en verbruikers gedoen oor voedselsekerheid

Argieffoto (Foto: Du Preez de Villiers/Maroela Media)

Die landbougemeenskap van Mpumalanga, is die afgelope Sondag weer geruk deur ʼn sinlose en gewelddadige plaasmoord.

Robert Davel, uitvoerende bestuurder van Mpumalanga Landbou, sê die organisasie betuig sy innige simpatie en meegevoel met die naasbestaandes van die oorledene.

Maroela Media het vroeër berig ʼn 79-jarige boer van Grootvlei in Mpumalanga is beroof en vermoor en sy vrou is erg aangerand. Skaars twee uur ná die voorval is vier tieners tussen 16 en 19 jaar oud is in hegtenis geneem.

“Soos in die verlede word hierdie plaasmoord ten sterkste veroordeel. Dankie aan elkeen wat meegewerk het om die verdagtes binne enkele ure aan te keer,” sê Davel. “Mpumalanga Landbou doen weereens, soos talle kere van tevore, ʼn dringende beroep op die owerheid om die onrusbarende vlakke van misdaad en spesifiek geweldsmisdaad in die landelike gebiede onder beheer te bring.”

Davel sê met elke plaasmoord word voedselsekerheid op risiko geplaas. “Landbouprodusente kan nie langer alleen verantwoordelikheid neem vir voedselsekerheid in Suid-Afrika nie. Mpumalanga Landbou doen dus ʼn dringende beroep op elke verbruiker om saam verantwoordelikheid te neem vir die instandhouding van voedselsekerheid in ons land. As ons verbruikers môre wil eet, sal hulle moet help om vandag die boer se lewe te beskerm.”

Verbruikers word versoek om alle moontlike inligting, wat met misdaad en beplande misdaad verband hou, aan plaaslike veiligheidstrukture deur te gee. “Verder word verbruikers versoek om opruiende uitsprake en haatspraak deur openbare figure teenoor boere ten sterkste te veroordeel. Diegene wat hulle skuldig maak aan sodanige gedrag moet deur die verbruiker tot orde geroep word. Saam kan ons sorg dat elke landsburger môre ʼn bord kos op die tafel het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Harley Davidson ·

Dit is totale tydmors om van die regering te verwag om te help met iets wat hulle goedkeur nie.Ek dink ‘n privaat komando stelsel moet geimpliminteer word en opgelei word om die boere te beskerm.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis die beste oplossing. Boere kan minder spandeer op onnodige luukshede en eerder kollektief in behoorlik toegeruste kommandos investeer. Dit kan later uitgebrei word na stede en dorpe en integreer met buurtwagte. Besighede sal finansiële bystand kan lewer. Organiseer kommandos in seksies, peletons, kompanies, bataljons en brigades.

MARELIZE ·

Presies wat is hierdie onnodige luukshede waarna u verwys?

Ons het sedert Julie 2012 GEEN salarisverhoging ontvang nie. Doodeenvoudig omdat die boerdery dit nie kan bekostig nie.

Mense wat uitlatings maak oor dinge waarvan hulle min weet stuit my teen die bors

Nommer 7 ·

Elke jaar word daar al hoe meer landbouprodukte (kos) uitgevoer. Ek sou se^ dit op sigself is ‘n voedselsekerheid risiko. Ook, hoe meer kos uitgevoer word, hoe duurder raak kos plaaslik.

MARELIZE ·

Was u al op ‘n plaas? Kom kuier gerus dan gesels ons oor duur plaaslike kos en wys ek u ons finansiële state.

Manie ·

Boere neem al die risiko sonder om vooraf te weet watter prys hy gaan kry, insetkoste verhoog maandeliks, uitvoer van produkte bly ‘n probleem en in baie gevalle moet die arme Boere inbetaal om hulle produkte wat weens uitvoer probleme bederf geraak het, van ontslae te raak. Boere kry ‘n fraksie van die produk se prys wat op die rak lê.

melaney ·

Indien daar enige planne gemaak word, sal dit bitter vinnig moet gebeur want daar is nie veel boere oor nie.

annie ·

Boere moet ophou met hul plaaswinkeltjies by die agterdeur. En stop ok maar met die baie gif op hul produkte, onsigbaar op winkelrakke. Hoogheilig was nog nooit ‘n pluspunt in die hemel nie.

Manie ·

Ek stem in baie gevalle saam met jou Annie, maar vanoggend praat jy louters snert.

MARELIZE ·

Ek sou graag duidelikheid oor elke aanklag teen boere hier genoem wou kry. Die persone in die betrokke berig het geen winkel by die agterdeur nie. Geen gif word op skape gebruik nie en wat presies is die bedoeling met “hoogheilig”?

MARELIZE ·

Slegs as voedselsekuriteit vir die huidige regering van enige waarde en belang is. Maar dis laagste prioriteit in landbousake. Armoede, hongersnood tel nie in ‘n magshonger, geldgierige, eiebelangsoekende omgewing nie. Die enigste gedagte is om produserende plase te vernietig, op welke metode ookal, sodat ideologiese doelwitte bereik kan word en die land in ‘n eenpartystaat onder kommunistiese beheer kan wees. Slegs dan sal hierdie probleme (dalk) aangespreek word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.