Beroep vir ‘plaaslike arbeid’ ná wrede plaasaanval

Foto: Verskaf.

Die VF Plus in die Wes-Kaap het Woensdag ʼn beroep op boere gedoen om weens veiligheidsredes eerder van plaaslike arbeiders gebruik te maak aangesien dit vir dié mense nie so maklik is om oor landsgrense te vlug indien hulle by misdaad betrokke is nie.

Dit kom nadat Izak van der Merwe (52), ʼn boer van die Ceres-omgewing in die Wes-Kaap, Maandagaand wreed aangeval en 20 keer met ʼn mes gesteek is, na bewering deur twee van sy seisoenale werkers wat van Lesotho afkomstig is.

Dr. Corné Mulder, provinsiale leier van die VF Plus in die Wes-Kaap, het Woensdag in ʼn verklaring die aanval ten sterkste veroordeel. “Ons doen ʼn beroep op die polisie om alles in hul vermoë te doen om die skuldiges so gou as moontlik vas te trek,” het Mulder gesê.

Hy het gesê dit is in belang van boere se veiligheid om eerder van plaaslike arbeiders gebruik te maak aangesien dié mense bekend is in die omgewing en nie maklik na ander gebiede of selfs oor die landsgrense kan vlug nadat hulle ʼn misdaad gepleeg het nie. “Die VF Plus wil boere in dié provinsie ook maan om voortdurend waaksaam te wees aangesien plaasaanvalle op enige plek in die land kan voorkom. Hoewel dit in die Wes-Kaap veel minder as in ander dele van die land voorkom, beteken dit nie dit kan nie hier gebeur nie, het Mulder gesê.

Maroela Media het vroeër berig Van der Merwe word tans in die intensiewe sorgeenheid van die Mediclinic Panorama behandel nadat hy tydens die aanval met ʼn mes gesteek, herhaaldelik met vuiste en knopkieries geslaan is, geskop is, met kabelbinders vasgebind en kleefband om sy kop gedraai is.

Pierre van der Merwe, Izak se seun, het vroeër aan Maroela Media gesê hy het uit die aard van sy pa se beserings gevrees dat hy hom “nie weer gaan sien nie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Bets Bothma ·

Die probleem is – SuidAfrikaners WIL nie werk nie, onsself in ons besigheid werk met 2 Zim en 2 Malawiers, SAners is onopleibaar en lui en “demand” net.

tamboti ·

Nee ek kan nie saamstem nie VF, die boere moet geen arbeiders meer gebruik nie, staak alles wat jyself, jou gesin en familie nie kan behartig nie. Begin ‘n wit plakkerskamp op die plaas as jy jou grond en lewe wil behou. (Oor ‘n paar jaar sal jy genoeg wit arbeiders kry, 30 jaar terug het ons kinders op kibboetse gaan werk!)
Indien nie, maak dan maar vrede dat jou grond gevat gaan word en jy en jou mense vermoor/verniel gaan word.
So trek nou, of trek later as jy nog leef.

Andrea ·

Maar blankes word dan daagliks deur plaaslike, Suid-Afrikaanse burgers aangeval, verkrag en vermoor. Wat is die verskil?

Blits ·

Dis waar en die polisie doen daaraan ook niks, so daar is geen verskil tussen n buitelander en n suid afrikaner wat die daad doen nie, hulle bly sulke sake in die asblik gooi

andrea van vuren ·

Probleem is: Wit Suid-Afrikaners wil nie meer werk nie. Hulle, en glo my, van die bedelaars by ons plaaslike poskantoor het openlik erken dat hul liewer bedel as werk.

Blits ·

Om te “meganiseer” soos jy voorstel gaan geen verskil maak nie, ons word vermoor omdat ons grond besit en nie omdat ons vir mense werk gee nie, dis 1 uit n 100 dat jou eie werker jou aanval en vermoor,

Chris Ws ·

Andrea gaan sit met ‘n heerlike beker koffie en lees die berig stadig deur dan sal die antwoord op jou vraag uitpop!Sterkte!

Pop ·

Andrea ek verstaan wat jy probeer se. Ons word in elk geval gemoor en verkrag deur plaaslike bevolking. Die verskil is dan kan hulle nie so maklik oor grense ontsnap nie. Wel ek dink die VF droom. Hule gaan heen en weer oor hierdie grense. En die plaaslike skurke word ook nie gevang nie. En as hulle gevang word, ontsnap hulle, of word beloon vir hulle dade deur in lekker tronk te beland.

Andrea ·

Net so, Pop. Al word hul soms gevang, kom daar niks van nie. Hul ontsnap maar net, of kry belaglike vonnise. Punt is, ons word uitgemoor, maak nie saak of dit deur plaaslike bevolking of buurlande s’n is nie.

vetkoek ·

Ek was by Afriform veiligheidsberaad volgens hulle syfers is meeste aanvalle van die plaaslike bevolking.

Lizzy ·

Gaan lees al die berigte oor plaasaanvalle en kyk hoeveel keer is die “plaaslikes” die aanvallers.

Jane ·

Habakuk 2:12 ellende wag op hom wat n stad bou met moord, wat n dorp aanle met onreg ….

Blits ·

STOFSKOEN, mens kan sien jy ken nie die woord van GOD nie, Sy volk is die gelowiges mense wat Sy wil doen en Hom dien, wat nie die sondag n gelowige is om in die kerk te gaan sit nie en die res van die tyd vol sonde te leef nie. n mens wat sy sonde bely en omvergifnis vra en dan sy lewe so leef sodat hy nie weer die sonde doen nie, n mens wat volhard in sy geloof, jou lewe te wei aan God die Vader ( Yahweh) Die Seun (Yeshua) en die Heilige Gees (Hakodesh), jou vertroue in Hom te plaas en Hom in al jou dinge te ken en te vra vir leiding.

Dis is Sy volk en ek is deel van sy volk

Francois du Plessis ·

Dr Corné Mulder is uit voeling met die praktyk. Plaaslike arbeiders dring aan op salarisse, wat boere nie kan bekostig nie en in meeste gevalle wil plaaslike arbeid nie hande arbeid verrig nie.
Boere neem buitelandse arbeid in diens, in ñ poging om finansieel te oorleef.

Gemsbok ·

Orania het die veiligste boere-gemeenskap in die land omdat hulle nie vreemde arbeid gebruik nie.

Akram ·

Om jou boerdery te magniseer is n enorme uitgawe.Die meeste van die aanvalle is plaaslike mense. Nou net my stuiwer. Hoe maklik is dit om n vervalsde dokument te kry?So n persoon is n “landsburger ” maar dan verdwyn hy net.

barend ·

K J ja daar is plase en water en paaie en huise en winkels en mense met verstand en vrede en voorspoed en daar is orde en nasie trots
GROETE

Stofskoen ·

Dit sal goed wees as boere in Suid Afrika meer op moderne tegnologie begin staat maak en minder op hande arbeid. Die aanvanklike uitgawes is baie, maar die veiligheid en rus vir die siel is beter.

Die regering moet maar toesien vir die werkloosheid wat sal volg, want hulle is nie bereid om te beskerm wat hulle tans het nie.

hannes marais ·

stofskoen….waarvan ons afstammelinge is….stem saam met jou jane

Ruby ·

Willie, dis baie waar wat jy sê.

Kersfees partytjie word gegee, geskenkies vir al die kinders, lekker kos en en en.

Die oomblik as die boer iemand aanspreek oor verkeerde werk of dade, krul die lippe.

Waardering ·

My waardering aan die persoon op die foto wat hom ondersteun.

Leer uit die verlede ·

Leer uit die verlede. Gaan terug na die hoe die boere begin boer het. Gee mense verblyf in ruil vir werk en as hulle dan hulleself bewys na ‘n tyd kry hulle is ‘n stukkie grond om op te bly en te boer. Dis omdat almal gierig is en niks vir niemand wil doen nie. Ons moet weer nederig word! Niemand wil hulle doodwerk vir niks nie. Daardie bietjie lone hou net so lank en dit maak almal afgunstig. Met hierdie korrupsie help dit ook nie dat mense ‘n toekoms vir hulself kan sien nie. Maar as jy vir iets werk dan gaan jy dit mos goed doen want jy gaan die resultate sien. Gee mense wat niks het die kans om weer op te staan en iets te maak van hul lewens. As hulle nie shape nie, is hulle uit die program. Ek weet nie hoekom Afriforum nie lankal so iets begin het nie. Om meer mense om jou te hê in landelike gebiede gaan jou ook veiliger maak vir plaasaanvalle. Om lone te kry in ruil vir ‘n stukkie grond afstaan gaan die boer finasieel help. So was die een hand die ander hand en almal wen op die ou einde. Die grond kan onderverdeel word en jy hoef nie helfte van jou plaas weg te gee nie! Die vergoeding wat jy vir jou grond kry is arbeid – van hom en sy nageslag. So help ons weer mekaar soos in die ou dae.

Gerda ·

Die plaaslike mense wil nie werk nie want hulle kry dan alles verniet sonder om iets te doen. Die Zimbabwiers weet wat dit is om swaar te kry en hulle weet in hulle land is nie werk nie, so meeste van hulle werk hard. Blankes glo plaaswerk is benede hulle en hulle wil nie werk vir so klein salaris nie. Baie van hulle sit in plakkerskame oor hulle nie wil werk nie.
Om te meganiseer is ook nie die oplossing vir alles nie. Almal wat so skree “meganiseer” het geen idee hoeveel die toerusting kos nie en het ook nog glad nie mooi daaroor gedink nie. Daar is party goed wat doodeenvoudig nie deur ‘n masjien gedoen kan word nie. Daar is sagte vrugte en groente wat op geen manier deur ‘n masjien geoes kan word nie. En om te se mens moet net dit doen wat jy en jou familie kan doen, is belaglik – dis ‘n plaas, nie ‘n groentetuin nie!

Francois le Cochon ·

In die 70’s het die boere van De Doorns “gespog” met die goedkoop arbeid wat hulle van die Oos Kaap in lorrie vragte aangery het, ten koste van plaaslike plaas-arbeiders. Vandag sit die boere van De Doorns met ‘n problem wat hulle self in die 70’s geskep het. Hierdie geld ook vir boere in ander streke wat vir hulle goedkoop arbeid in die Oos Kaap gaan haal het.

Frik Nieuwoudt ·

Polisie se misdaadstatistiek in die Boland sal ‘n skerp styging toon die afgelope tyd van dat trekarbeiders vanaf Lesotho ingevoer word. Hulle spesialiseer by uitstek ook nou in die diefstal van Telkom en Eskom kabel wat duisende rande se skade aan infrastruktuur veroorsaak. Die nadeel wat hulle hier plaaslik veroorsaak is groter as enige tydelike voordeel wat hulle aan boere besorg. As hulle kontrakte verstryk plak baie van hulle eenvoudig net hier en begin aandring op allerhande regte. Ek hoop die plaaslike boere se oë gaan uiteindelik oop.

adriana ·

Leer uit die Verlede – indien die boere dit sou doen soos wat jy voorstel sal dit baie hoop aan bie mense bring en wat jy uitdeel kry jy dubbeldvoudig terug.
Dankie vir jou voorstel – ek hoop iemand begin dit in werking stel.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek stem saam:
(1) begin ‘n tipe kibboets deur witmense op jou grond kan bly in ruil vir hul arbeid aan jou.
(2) Meganiseer as dit vir jou finansieel haalbaar is.

Die afgelope week was daar op Kyknet ‘ program van ‘n Du Plessisboer en sy vrou van Delmas wat letterlik met niks begin het behalwe om hard te werk. Na omtrent 35-40 jaar is hy vandag ‘n florerende boer. Geld en sukses val NIE uit die lug uit nie.

Stofskoen ·

BLITZ en hannes marais,

Ja wat….. elkeen glo wat hy geleer is om te glo.

Lidia Schmidt ·

Ek stem saam dat jy meer blankes op jou plaas huisves. Daar is derduisende blankes wat werk soek en selfs blyplek. Hoe meer blankes bymekaar is hoe beter dis maar my beskeie meening. Daar is soveel huise wat leeg staan op plase, kry blanke huurders sonder om belaglike pryse te vra, Die gebou kos jou niks en dit is beskikbaar. Ek lees nou die dag van n boer wat huise op sy plaas wil verhuur @ tussen R10 000 en R15 000 per maand. Belaglik soos die huise in dorpe. Ons gaan moet begin saam staan mense. Ons word een een aangeval. En die mense wat op jou plaas werk en ken jou doen en late. Hulle gaan praat by die huis en stuur ander na jou toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.