‘Berserkte amptenaar’ ry glo oor kollega, beskadig motors

(Foto: SAPD)

ʼn Werknemer van die Polokwane-munisipaliteit is onder polisiebewaking in ʼn hospitaal nadat hy glo berserk geraak, oor ʼn kollega gery en talle motors beskadig het.

Die voorval het Vrydagmiddag op die munisipaliteit se perseel in Ladanna plaasgevind. Die 36-jarige amptenaar het homself glo eers in ʼn vragmotor van die munisipaliteit toegesluit voordat hy gewelddadige gedrag begin toon het.

“Hy was glo in besit van ʼn gevaarlike wapen en het almal gedreig wat naby hom gekom het,” het brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, gesê.

Van sy kollegas het probeer vasstel wat aan die gang is toe hy glo met die vragmotor begin ry het en ʼn 55-jarige wetstoepassingsbeampte van die munisipaliteit omgery het. “Hy het verskeie kere teen hom vas en oor hom gery en die beampte is ernstig beseer.”

(Foto: SAPD)

Die polisie is na die toneel ontbied. Die amptenaar het egter voortgegaan om met die vragmotor te ry en het teen sewe voertuie, waaronder twee polisievoertuie, in die parkeerterrein gebots. “Hy het daarna beheer oor die vragmotor verloor en teen ʼn muur gebots. Die man is in hegtenis geneem en na ʼn hospitaal vir sy beserings gehaas.”

Die wetstoepassingsbeampte het verskeie ernstige beserings opgedoen en is ook na ʼn hospitaal vir behandeling geneem.

Die verdagte sal sodra hy ontslaan is in die hof verskyn op aanklagte van poging tot moord en verskeie aanklagte van kwaadwillige saakbeskadiging.

“Die motief vir die voorval is nie in dié stadium bekend nie en die polisie se ondersoek gaan voort,” het Mojapelo gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Adeline ·

Wonderlik moontlik was die oorsaak wettige dagga rook – om van jou kop af te raak is bekend word dagga en dwelms saam gebruik en dan raak die mense mal.. self gesien hoe ‘n man (swart) in die middel van ‘n hoofstraat se kop uit hak, homself ontklee nakend rondhardloop en skreeu – dit het die sapd ure gevat om hom vas te keer. Dagga en dwelms was die oorsaak. hy is malhuis toe -nooit weer reggekom nie.

Oujongvrou ·

Jys reg Adeline. Ek het al baie gesien hoe mense van die rookgoed so mal raak. Selfs drank gemeng met dagga is erg. Dis om van bang te word

katerinadiekat ·

Ek dink hy was dalk op ander dwelms as dagga. Dagga maak mens rustig, jy wil agteroorsit en niks doen nie. Dis wanneer allerhande weird drugs en drank ook saam met dagga gebruik word wanneer daar probleme kom. Maar dan is daardie ander dwelms en drank saam gemeng, die oorsaak vd malle optredes. Dagga alleen maak nie dat mense uithaak en gewelddadig word nie. Juis die teenoorgestelde. Mense wat dit nog nooit gebruik het nie moet regtig nie kommentaar lewer oor dagga nie. Dit sou wees soos ek wat se Amerika is n afgryslike plek, sonder dat ek ooit n voet in Amerika gesit het.

Hans ·

Gewone dagga het n kalmerende effek op mense, dit is as hulle begin pille inmeng waar die probleem le. Jy sal verbaas wees hoeveel van ons reenboog nasie verslaaf aan harde dwelms is. Die goedkoper gemors is wat hulle heeltemaal mal maak. gaan lees bietjie meer oor dwelms, goed soos krokodil, nyope, cat, tik en vele ander konkoksies, dan sal jy miskien n meer belese opmerking maak

Karen ·

Mag ek vra waarom die behoefte om (swart) te spesifiseer? Maak dit ‘n verskil aan die punt van die kommentaar?

Daleen ·

Of miskien het hy ‘n sielkundige afwyking waarvan niemand kennis gedra het nie. Baie mense steek sulke toestande goed weg tot iets dit eendag “trigger” en dan verloor hulle heeltemal kop. Hof sal hom definitief vir waarneming stuur.

Byekonfyt ·

Die amptenaar is duidelik van lotjie getik. Dit moes ‘n traumatiese ervaring vir die omstanders gewees het. Mens wonder wat hom tot waansin gedryf het – dalk onvergenoegdheid.

marius ·

Nikotien ontrekking sindroom . Stuur die rekening vir lap servet .

Strandloper ·

Mmm… dalk die skuld gevoel omdat hy vir die anc gestem het…

Danie ·

Ek sou graag wil weet watter eienskappe het sekere motors om hulle te kan assosieer met munisipale amptenare.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.