Berugte beampte nou Mpumalanga-polisiehoof

Bethuel Zuma

Bethuel Zuma

Johannes Phahlane, waarnemende polisiekommissaris, het Maandag die aanstelling van lt.genl. Bethuel Zuma as hoof van die polisie in Mpumalanga, verdedig.

“Genl. Zuma is aangekla van roekelose of nalatige bestuur en verwante sake toe hy as provinsiale kommissaris van Gauteng aangestel sou word,” het Phahlane aan verslaggewers in Pretoria gesê. “Hy het egter deur die hofprosesse gegaan en hy is uiteindelik onskuldig bevind op daardie aanklagte.”

Genl. Zuma is nie verwant aan pres. Jacob Zuma nie.

“Daar het daarna sake aan die lig gekom wat verband hou met ʼn verlore vuurwapen. Genl. Zuma het voor die hof skuldig gepleit op aanklag dat hy sy vuurwapen verloor het. Wat anders moes hy doen? Die vuurwapen was weg en hy het dit aangemeld toe hulle by sy motor ingebreek het. Hy het in Desember ʼn boete in dié verband betaal,” het Phahlane verduidelik.

Volgens hom is daardie sake teen Zuma opgelos, en daar is niks wat hom verhoed om die hoogste amp in die polisie in Mpumalanga te beklee nie.

“Wat moet hy nog doen? As die hof hom nie skuldig bevind het nie, waarom moet ons nog oor hom praat? Daar is geen kriminele aanklagte teen genl. Zuma nie. Ons het die pos adverteer, en hy het, net soos al die ander aansoekers, aan daardie proses deelgeneem.”

Phahlane het gesê Zuma het die sake bekend gemaak toe hy vir die pos in Mpumalanga aansoek gedoen het. “Die paneel was tevrede dat al dié sake behoorlik afgehandel is, en daar was geen rede waarom die paneel dit teen hom moes hou nie.”

Volgens Phahlane het Zuma nie destyds, toe hy in Gauteng aangestel sou word, die kriminele aanklagte bekend gemaak nie, omdat hy nie in daardie stadium ʼn aansoeker was nie. “Mens kan dit slegs bekend maak as jy ʼn aansoeker is. In daardie stadium het genl. Zuma nie aansoek gedoen vir die pos nie. Hy het nie ʼn vorm gehad waar hy kon invul: ‘Ek het die volgende sake hangende teen my’ nie. Dit is eintlik onregverdig om steeds te sê hy het versuim om dit bekend te maak.”

Zuma, wat die Nkandla-ondersoek gelei het, het tereg gestaan op kriminele aanklagte teen hom nadat hy in Augustus 2014 sy dienspistool onder verdagte omstandighede verloor het.

Hy is vroeër as die Gautengse polisiekommissaris aangestel, maar nasionale polisiekommissaris Riah Phiyega het die aanstelling teruggetrek nadat dit aan die lig gekom het dat hy tereg staan op aanklag van dronkbestuur en dwarsboming van die gereg. Die Pietermaritzburgse landdroshof het hom vrygespreek.

Lees alle vorige berigte oor Bethuel Zuma op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Paul ·

As dit die beste ou vir die “Job” is soos die kommissaris beweer kan ons verstaan hoekom die Polisie so pateties is. As dit hulle beste is moet die res uiters treurig wees. Nie ‘n wonder hulle kan nie misdaad onder beheer kry nie

André ·

Paul. Versigtig wees vir veralgemening. Dis gevaarlik…..veral as jy dalk ‘n 10111 oproep moet maak. Hulle verbaas jou dalk net.

Uys ·

Duidelik het grnl. zuma nie sy bevoegdheis kurses voltooi of geslaag nie. Die wet bepaal jy MAG NIE N WAPEN IN N VIERTUIG STOOR AS JY NIE IN DIE VOERTUIG IS OF IEMAND WAT WEL BEVOEGVIS OM “wag” TE STAAN NIE.
Wat sal met jan alleman gebueur as jy dit aanmeld. Saps sal jou dadelik onbevoeg verklaar om n wapen te besit.
Ons kan net raai hoekom die wapen weg is en wat hy met die kontant gedoen.

Wouter ·

Sy van is reg. Hy gaan nog ver kom, maar dink nie hy sal kan terug kom nie.

Pieter.v ·

Dit tel natuurlik in jou guns om kriminele aanklagte teen jou te he as jy n hoe pos in Suid Afrika wil beklee.

Oom Boer ·

Sjoe, dit laat mens wonder oor die aanstellings panel, maar nou-ja wie is jan publiek om dinge te bevraagteken want daar moet kwota aanstellings plaasvind ongeag jou agtergrond. Sterkte Genl Zuma en baie geluk met u aanstelling.

johny ·

As hy die rowers laat les opse en die onwettige immigrante kan vang en Suid Afrika veiliger maak.Dan ondersteun ons hom.Maar nou ja

Flip Sadler ·

Is daar geen maar geen instansie, politieke party, burgerlike organisasie wat iets aan al die korrupsie en kaders [boeties vir bantjies ] en wat nog kan doen nie !!! Vra maar net, Zuma se eers op TV dat hy niks weet van Inkanhle nie, dan het sy familie dit betaal, dan het hy n lening verkry, dan is dit die argitek , dan is dit n staats geheim, alles op TV en niemand maar niemand kan iets daaroor doen nie.Ek is moeg en moeg en verstaan nie !!!!

m ·

WTF…. as hierdie ou die beste kandidaat was, kan jy indink hoe was die swakste een?????? Hierdie mense sal altyd onskuldig bevind word want daar word baie mooi na hulle gekyk. Hy gaan nog heel moontlik die crime statistics baie laat styg daar in Mpumalanga. AL wat ek kan se is STERKTE!!!!

M ·

Waar kruip hierdie mense uit? Het hy nou gegradueer uit crime school?

StopTheMadness ·

As Genl Zuma die beste man vir die posisie is dan laat dit ernstige vrae onstaan oor die kaliber van ander senior offisiere in die polisie. Hierdie aanstelling sê duidelik dat daar niemand anders in die polisiemag is wat bevoeg is vir hierdie pos nie en dus is hulle genoop om iemand met hierdie geskiedenis aan te stel. Skokkend. Stop This Madness!

alida ·

Mense waaroor stress julle? Sy van is reg dus kom hy weg met ALLES.

Karoo blommetjie ·

Wat die tydelike kommissaris aanbetref wat lt-genl Zuma so verdedig, klink hierdie ou ou liedjie van Queen baie bekend: ANOTHER ONE BITES THE DUST!

Michael ·

Hierdie is die rede waarom die misdaad in Suid-Afrika so hoog is ……Geen leierskap en die misdadigers buit die situasie uit,maar sogenaamde rassisme kry prioriteit status

Jan maak n Plan ·

Hy en nr1 is seker familie, dus sal daar mos vir hom gesorg word, hoe dan anders.

Sarie ·

Ek was regtig geskok toe ek die aankondiging hoor! Hoe kan ‘n man met ‘n kriminelerekord aan die hoof van ‘n provinsie, waar misdaad hoogty vier, aan die hoof van die provinsie se polisie staan?? Hoe kan die hoof van ‘n provinsie se polisiewat juis aan ‘n klag, wat in sy duisende voorkom, naamlik die verlies van ‘n vuurwapen skuldig bevind word die baie belangrike pos beklee? Watter voorbeeld stel die vir die manne en vroue in blou. Jaarliks moet ons hoor hoeveel duisende vuurwapens word deur die polisie verloor of kan hulle net eenvoudig nie van rekenskap gee nie en sowaar hier is die groot induna in die provinsie een van daai polisiebeamptes. Volgens wet het hierdie man nie eers die reg om ‘n vuurwapen te dra nie, wat nog om dit te gebruik! Ek het regtig groot respek gehad vir die waarnemende kommissaris en het nogal begin voorbrand doen dat Zuma sy idee van ‘n kommissaris moet van die straat af aangestel word, laat vaar en die waarnemende kommissaris se aanstelling permanent maak. Maar eina! met hierdie aanstelling en die humble-bumble verduideliking wat hy voor miljoene mense op TV gemaak het het daar voorbrand skielik by die venster laat uitvlieg. Ek is nie ‘n Phiyega ondersteuner nie, maar tenminste het sy die aanstelling van die nou Mpumalange provinsiale kommissaris binne ure teruggetrek toe sy hom as provinsiale kommissaris in Gauteng aangestel en daarna eers van sy kriminelerekord gehoor het. Nog net weer ‘n bewys van tot op watter lae vlak die Suid-Afrikaanse Polisiediens gedaal het sedert dit na 1994 ‘n diens geword het. Nou wonder ek maar net hoeveel ander lede met skuldigbevindinge van verlies van ‘n vuurwapen of diefstal van ‘n vuurwapen loop daar in die polisie rond en wat ‘n gevaar hulle tog nie vir die samelewing is nie. Ek hoop iemand gaan hierdie aanstelling betwis. Nou is nie net die vis se stert of kop vrot nie, maar die hele vis. Jammer vir die enkele polisiemanne en -vroue wat daagliks probeer nog die polisie se leuse uit te leef: ONS DIEN EN BESKERM

Pietie ·

Ek ondersteun hierdie aanstelling. Want “It takes a crook to catch a crook”

François ·

Moenie bekommerd wees oor kriminele nie! Hulle word al minder op straat. Die helfte is in die SAP & die ander is in die Regering. Skokkend!

Hennie ·

Gereeld in die nuus oor probleme en doodonskuldig. So het dit al die kultuur van ons land se bestuur geword. Dit sal nie die einde wees wat ons van Zuma in die nuus gelees het nie, daar sal nog gevalle wees en natuurlik sal dit ook onskuldig wees.

Piet Snot ·

Ja wraggies: ek dink dit toon minagting teenoor ander lesers as jy klaarblyklik nie eens die moeite doen om jou kommentaar deur te lees voor jy dit plaas nie.

Hannie ·

“Humpty Dumpty sat on the wall, Humpty Dumpty had a big fall…………………. ek wonder hoekom ek nou aan die gediggie gedink het toe ek na die foto kyk?

johny ·

Groot persentasie van ons gewapende magte bestaan uit die militere vleul van Ukontwe Masiswe.Jammer ek dink van my spelling op hulle militere vleul is dalk nie reg gespel nie Dit is die ANC se militere magte wat ontplooi is in Suid Afrika

Dan ·

Praat gaan tog nie n verskil maak nie.If you worry you die, if you dont worry you also die, so wy worry. Give him rope he wil hang himself.

Bach ·

Die tydelike kommissaris gaan nou permanent aangestel word want hy het die toets geslaag met Zuma se aanstelling. As hierdie Zuma bowendien dalk familie is vd ander een, is die skande nog groter.

Eliza-beth ·

Boetes, verklarings, dronkbestuur, het nie ‘n vorm gehad om in te vul.. blablabla. Maak wolf skaapwagter ja, laat ons sien wat gebeur…Ons kan eintlik voorspel wat gaan gebeur, maar ja, laat ons sien of ons reg is. Hoop die pers hou sy doen en late FYN dop sodat die geringste nonsens aan die groot klok gehang kan word.

Elfie ·

As ek so na die foto kyk, dan kom die woorde “fat cat” by my op.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.