Berugte bende aangekeer

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in KwaZulu-Natal het Saterdag bevestig ʼn berugte groep misdadigers, lede van die Msenti-bende, is vandeesweek in hegtenis geneem.

“Vier mans is Donderdag in KwaMushu in hegtenis geneem,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hulle word gesoek in verband met ʼn aantal huisbrake en sakerooftogte in die Inanda-gebied. Die polisie het beslag gelê op twee ongelisensieerde vuurwapens, ʼn .303-geweer en ʼn 9 mm-pistool.”

Die mans het glo die gemeenskap van Inanda en omgewing geteister. Een van die vuurwapens wat gevind is, is glo by ʼn polisiebeampte afgeneem toe hy vroeër vanjaar by Ntuzuma aangeval en beroof is.

Volgens Zwane sal die mans Dinsdag in die Ntuzuma-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.