Volgens mediaberigte is Staggie een van vier mans wat op die N1 naby Canal Walk in Kaapstad in hegtenis geneem is in verband met ʼn onlangse diefstal by die Cleveland-polisiestasie in Johannesburg. Staggie is tans uit op parool.
Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê beamptes het ʼn wenk opgevolg en drie luukse motors op die hoofweg afgetrek. In die motor is drie vuurwapens, verskeie bokse duur whisky en sigare gevind wat met die diefstal verbind word.
Die Valke het beslag gelê op die goedere wat glo miljoene rande werd is. Die vier verdagtes, tussen die ouderdomme van 20 en 60 jaar, is aangekla van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie en die besit van vermoedelik gesteelde goedere.
Hulle sal Maandag in die Kaapstad-landdroshof verskyn.
Whisky en sigare in 3 voertuie is ‘miljoene’ werd? Gn wonder die ouens daar ini kaap gaan eerder vir tik. Baie goedkoper!
Wikipedia sê hy is in 1956 gebore. Hoe kan hy dan 57 wees?
Party mense is nie rehabilieteerbaar nie.Feit!Verklaar hom ‘n gewoonte misdadiger en Sluit hom vir goed toe SONDER parool die keer!
Ai tog. Hy wil ook nie hoor nie! Net n regstelling Tiger. n Persoon wat tot gewoontemisdadiger verklaar is, kan na 9 jaar vir plasing op parool oorweeg word.