Berugte bendelid gevonnis vir moorde

Preston Baadtjies in die hof. Foto: SAPD

Preston Baadtjies in die hof. Foto: SAPD

ʼn 28-jarige man wat in 2013 twee mans in ʼn oop veld in Bethelsdorp in die Oos-Kaap in ʼn bendegeweldvoorval doodgeskiet het, is Woensdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth gevonnis.

Preston Baadtjies is twee keer lewenslange vonnis opgelê vir die moorde op Ivan MacDonald en Randy Nel op 12 Julie 2013. Baadtjies was een van drie verdagtes wat daardie aand uit ʼn minibustaxi gespring en op die oorledenes geskiet het. MacDonald is op die toneel dood terwyl Nel ʼn paar dae later in die hospitaal gesterf het.

Baadtjies was ’n lid van die berugte Dustlifes-bende.

Die polisie het kort ná die voorval vir Baadtjies en Vuyani Kondile in ʼn park voorgekeer en hulle het op die polisie losgebrand. Albei is in hegtenis geneem, maar Kondile is sedertdien oorlede.

Baadtjies is tot ʼn verdere 12 jaar tronkstraf gevonnis vir poging tot moord nadat hy op die polisiebeamptes geskiet het, asook ses jaar tronkstraf vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie. Die ses jaar tronkstraf sal gelyklopend saam met die twee lewenslange vonnisse uitgedien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Maria van Dieweeck ·

nou kan hy rustig in die tronk baadjies ‘press’

Dawn Neethling ·

Bendes binne die gevangenis is net so sterk as buite !

neelsie ·

Dit lyk nie of die moordenaar baie droewig is nie ….of verstaan hy nie die gevolge nie?

humor ·

Hier sit hy met n selfvoldane glimlag met die heerlike wete dat hy verlos is van n ongenaakbare lewensstryd, n veilige tuiste het met 3 maaltye per dag en medies goed versorg is.

Karma ·

In die tronk raak hulle net nóg groter bendeleiers en misdadigers. Ons tronke is nie naastenby wat dit vroeër was toe daar nog die bandiete-stelsel was nie. Harde hande-arbeid het baie junkies en criminals reggeruk. Nou sit hulle in die tronke, kry elke dag 2-3 maaltye, gratis mediese sorg, geleentheid om te leer ens. ens. Ek sê: laat hulle soos regte criminals lewe en werk – soos in Amerika se “chain gangs”; vasgemaak soos honde met kettings, waar hulle tot 12-uur skofte lank moet werk terwyl hulle sypaadjies skoffel en ander openbare werke moet doen.

CHRISTA ·

Ja, laat hulle gaan werk by maatskappye waar werkers staak. Dan sal die stakers BAIE GOU terugkeer na hulle werk sonder ‘n geween en ‘n gekners van tande (soos nou)!

m ·

Ai tog daar gaan my belastingeld alweer vir n krimineel se lekker lewe in die tronk…. Ons kan ma net nie wen nie..

tamboti ·

Eintlik moet niemand lewendig ge-arrester word na skietgeveg met polisie – soos in Amerika ne’!! Dit sal baie help met die misdaad epidemie in SA.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.