Berugte ‘kaper’ vas

(Argieffoto: SA Polisie)

Een van die mees berugte vermeende kapers wat glo slagoffers in Akasia, Mmakau en Klipgat in Gauteng geteister het, is agter tralies.

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder in Noordwes, het gesê die man verskyn Donderdag in die Brits-landdroshof nadat hy verlede week in ʼn intelligensiegedrewe operasie in hegtenis geneem is. Hy staan in hierdie stadium tereg op een aanklag van moord en drie aanklagte van motorkaping.

Speurders en lede van die polisie se trio-misdaadtaakspan het op die huis in Winterveldt toegeslaan en beslag gelê op ʼn vermoedelik gesteelde motor wat in ʼn motorkaping verlede maand in Akasia, in die noorde van Pretoria, gebruik is.

“Hy is ook in besit gevind van ʼn ongelisensieerde vuurwapen, ammunisie en ʼn selfoon wat aan een van die kapingslagoffers behoort het,” het Mokgwabone gesê.

Die polisie se voorlopige ondersoek verbind die verdagte reeds met minstens vyf motorkapings wat tussen Augustus verlede jaar en Junie vanjaar gepleeg is. Hy word ook verbind met twee gewapende rooftogte in Klipgat vroeër vandeesmaand en verlede maand.

“Die provinsiale kommissaris van Noordwes, lt.genl. Sello Kwena, het die span vir die ondersoekwerk wat tot die inhegtenisneming gelei het, geloof.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Moerby1212 ·

DANKI AAN DIE SAPD BEAMPTES WAT N PAAR NAGTE DEUR GEWERK HET EN DIE KRIMINEEL GEVANG HET. EK SE MOS ALTYD … DAAR IS MEER GOEIE SAPD LEDE AS DIE VROT APPELS. DANKI JULLE GOEIE OUENS DOEN N BAIE ONDANKBARE WERK DANKI AAN AL DIE EERLIKE SAPD LEDE. JULLE MAAK ONS T.R.O.T.S.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.