Ses mense is dood en een persoon is ernstig beseer op die Moloto-pad naby die Kameeldrift-polisiehondeskool in Pretoria.
“Die ses persone was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, Sondag in ʼn verklaring gesê. “Een persoon het ernstige beserings opgedoen en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.”
Volgens Botha het wrakstukke oral op die ongelukstoneel gelê.
Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.