Berugte Moloto-pad eis 6

Die ongelukstoneel op die Moloto-pad in Pretoria (30 November 2014) Foto: Netcare 911, Twitter

Die ongelukstoneel op die Moloto-pad in Pretoria (30 November 2014) Foto: Netcare 911, Twitter

Ses mense is dood en een persoon is ernstig beseer op die Moloto-pad naby die Kameeldrift-polisiehondeskool in Pretoria.

“Die ses persone was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, Sondag in ʼn verklaring gesê. “Een persoon het ernstige beserings opgedoen en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.”

Volgens Botha het wrakstukke oral op die ongelukstoneel gelê.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.