Berugte Moloto pad eis lewens in nat weer

Nooddienste op die toneel. (Foto: Netcare 911)

Drie mense is dood en 21 beseer nadat ’n vragmotor en ’n bus Maandag vroegoggend op die berugte Moloto-pad in die noorde van Pretoria gebots het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê in ’n verklaring paramedici is omstreeks 05:10 na die toneel op die R573 ontbied.

Volgens Herbst het twee mans en ’n vrou noodlottige beserings in die botsing opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Drie ander is ernstig beseer en is op die toneel behandel voordat hulle saam met nog 21 mense, wat matige beserings in die voorval opgedoen het, na hospitale geneem is vir verdere mediese behandeling.

Swaar reën sak tans oor Pretoria uit. Die omstandighede rakende die botsing word nog ondersoek, sê Herbst.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Logika ·

Oorsaak van die ongeluk, voor die handliggend. Baie bly daar was nie ook onskuldige motor bestuurders betrokke nie.

Net So ·

Sperstreep is mos daar om die middel van die pad aan te dui. Is mos, ne?

Anel ·

Gaan kyk hoe ly daardie pad! Ons het Vrydag daar gery en die hoeveelheid slaggate is ontelbaar. Dit strek tot in die ander baan. Mens moet so versigtig ry. Mense ry te vinnig en swaai dan uit vir die gate wat hulle te laat sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.