Berugte Moloto-pad eis nog ʼn lewe

Foto: @Nicol3tt300 op Twitter.

Foto: @Nicol3tt300 op Twitter.

Die berugte Moloto-pad in die noorde van Pretoria het Dinsdagoggend nóg ʼn lewe geëis.

Johan Pieterse, ʼn woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het aan Maroela Media gesê ʼn busbestuurder is dood en 41 mense beseer tydens ʼn ongeluk omstreeks 05:30 tussen twee Putco-busse.

“Die ongeluk het sowat 1 km van Sefako Makgathorylaan (Zambesirylaan) in die rigting van Moloto plaasgevind,” het Pieterse gesê. “Na wat verneem word het die een bus ʼn ander bus, wat onklaar geraak het, van agter getref.”

Die bestuurder van die agterste bus was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Sy liggaam moes deur die brandweer uit die bus gesny word. “Agt mense is ernstig beseer en 34 het matige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.”

Daar was geen passasiers in die bus wat onklaar geraak het nie. “Gelukkig het die busse die meeste van hul passasiers in Pretoria afgelaai, anders sou meer mense beserings opgedoen het,” het Pieterse bygevoeg.

Die R573 Moloto-pad is berug vir die hoeveelheid noodlottige ongelukke wat daar plaasvind.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

anet ·

Sterkte aan almal wat beseer is, asook die naasbestaandes van die Bestuurder.

Ek wil net graag noem dat sommige Putco bestuurders baie nalatig optree en bestuur. Ek ervaar dit daagliks vanaf Randburg na Fourways. Hulle ry oor rooi verkeersligte, jaag, druk jou van die
pad af. Ek dit al gerapporteer aan hulle kantore en daar word eenvoudig niks teen die onverskillige bestuurders gedoen nie. Bram Fisher 5.30 in die oggende, en Main Road 4.30.

Is daar moonlik ook ander lesers wat dieselfde ondervinding het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.