ʼn Berugte transitorower sal na verwagting Donderdag in die Nelspruit-landdroshof verskyn vir sy betrokkenheid by transitorooftogte in die Sabie- en Nelspruit-omgewing in Mpumalanga. Hy sal dan hoor of sy borgtog toegestaan word.
Die 41-jarige Elvis Press Makhubela het reeds op 20 en 31 Maart in die hof verskyn. Sy borgtogaansoek, wat die staat teengestaan het, is verlede Maandag aangehoor.
Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, sê Makhubela is op 18 Maart vanjaar deur die Valke opgespoor en in hegtenis geneem vir sy betrokkenheid by ten minste twee transitorooftogte in die Sabie- en Nelspruit-omgewing in onderskeidelik 2017 en 2018.
Makhubela was na bewering deel van ’n swaar gewapende groep wat op 2 Mei 2017 digby Sabie op ’n kontantvoertuig toegeslaan het wat op pad was na Marble Hall in Limpopo. Hy is in April 2018 in hegtenis geneem in verband met dié rooftog. Hy is egter op borgtog vrygelaat.
Hy word ook verbind aan ʼn transitorooftog ʼn jaar later waar hy en ander rowers in ʼn bruin Mercedes-Benz langs die Kamagugu-pad in Kanyamazane naby Nelspruit, ’n kontantvoertuig van die pad afgedwing het. Hulle het op die kontantvoertuig losgebrand en toe die kluise met behulp van springstof oopgekry. Hulle is met ’n onbekende bedrag geld vort.
Ramovha sê ʼn ondersoek deur die Valke het Makhubela sedertdien verbind met die voorval in Nelspruit, wat tot sy inhegtenisneming vanjaar gelei het.
Makhubela sal na verwagting in Oktober vanjaar in die Graskop-hooggeregshof in Mpumalanga verhoor word vir die eerste voorval in 2017, waarvoor hy borgtog toegestaan is. Hy verskyn saam met sy 47-jarige medepligtige, Lehlohonolo Tleketle, wat reeds 30 jaar effektiewe tronkstraf uitdien.
Volgens Ramovha word Makhubela se moontlike betrokkenheid by ander verwante transitorooftogte in die provinsie ook ondersoek.
Die polisie verwag dat nog verdagtes in hegtenis geneem sal word namate die ondersoek vorder.
Gee hom maar weer borg sodat hy genoeg geld kan hê vir sy verdediging en vrygespreek kan word. Dis mos hoe dit werk.
HY MOES IN DIE EERSTE PLEK NIE BORG GEKRY HET NIE!!!!!!
Hy is in April 2018 in hegtenis geneem in verband met dié rooftog. Hy is egter op borgtog vrygelaat. En nou weer “hy sal dan hoor of sy borgtog toegestaan word!” Hulle het hom nou net weer gegryp, en hy kan weer borgtog kry, en volgende week is dit weer ‘n transito roof. You just cannot fix stupid!
laat hom op borg van R100 vry, dan kan hy mos weer rooftogte pleeg en mense DOODSKIET
And the point of this second excercise is?
The point is that he relies on his human rights now, the one aspect that this communist ANC gives much weight to, especially to the criminals. The history of how the constitution is applied has proven that the chances that criminals can get away with ‘murder’, or that the punishment does not justify the severity of the criminal act, is when criminals revert to their human rights, which, under the ANC, weighs more than that of the victim’s rights.
As stated you cannot fix stupid. Bail?????
Vat darm ‘n vet kans om die mannetjie op borg vry te laat