Berugte wildsmokkelaar gevonnis

Argieffoto (Foto: Nel Botha/Pixabay)

Yanseng Feng is in die Randburg-landdroshof gevonnis op aanklag dat hy onwettig handel gedryf het met renosterhorings.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê Feng is Maandag tot 10 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van die onwettige handeldryf met en besit van renosterhoring. Twee jaar van die vonnis is vir vyf jaar opgeskort. Hy is ʼn verdere vyf jaar tronkstraf opgelê op aanklag van korrupsie waarvan drie jaar vir vyf jaar opgeskort is.

Hy sal effektief 10 jaar tronkstraf uitdien.

“Die beskuldigde is in 2019 in hegtenis geneem toe die Valke ondersoek ingestel het oor sy smokkelary. Hy is met vyf renosterhorings, 14 stukke perlemoen, drie seeperdjies en twee seekomkommers betrap.”

Beamptes het tydens die inhegtenisneming by Feng se perseel in Randburg ook beslag gelê op voertuie, weegskale en prosesseringstoerusting.

“Hy het ʼn paar keer in die hof verskyn en het gepoog om R100 000 aan die ondersoekbeampte te betaal om sy borgtog te verseker. Hy het onderneem om die beampte ʼn verdere R40 000 te betaal as hy vrygelaat sou word. Die geld is aan die staat oorhandig en Feng het ʼn pleitooreenkoms aangegaan.”

Polisiebeamptes hou Feng se bedrywighede al sedert 2018 dop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cherokee ·

Vyf renoster horings plus die ander diere en daar is waarskynlik meer diere wat gely het onder sy gulsigheid, maar toegewings word gemaak op die vonnisse gevel.

Persheks Adri ·

Hierdie regstelsel darem! Niks maak meer sin nie. Dis kleingeld vir daai krimineel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.