Berugte Zim-tweeling vas oor misdade in Rustenburg

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 24-jarige tweeling van Zimbabwe wat glo ʼn reeks misdade in Rustenburg in Noordwes gepleeg het, is in hegtenis geneem.

“Een van die broers is op 11 September in Chaneng naby Phokeng in hegtenis geneem,” het kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. Hy staan tereg op ses aanklagte van misdrywe wat in Mogwase, Phokeng en Sun City gepleeg is. Dit sluit drie huisbrake, ʼn besigheidsrooftog, algemene diefstal en opsetlike saakbeskadiging in.

“Sy tweelingbroer is Dinsdag in Robega naby Chaneng aangekeer,” het Mokgwabone bygevoeg. Hy is gesoek in verband met drie rooftogte by woonhuise in Sun City.

Hulle sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Francois ·

Hmmmm gaan te lekker in hierdie land van melk en heuning! Hel kan iemand it stop? WAT moet ons doen om dit te stop? Ek is al “punch drunk” met al die geweld in ons land.

Theresa ·

Ek stem Francois. Maar hierdie spul is te besig om hulle self ryk te maak. Daar is nie tyd om aandag aan die regte belangrike dinge in hierdie land te gee nie. Kyk net hoe ‘n sirkus is die parlement. Hel, dis die mense wat ons land moet opbou – maar elke dag moet jy toekyk hoe ons land vernietig word.

william ·

Alles in Zimbabwe is afgebreek en opgevreet, nou trek hulle suidwaarts.Ek sal hierdie nasie nooit verstaan nie.In afrika dink almal dieselfde. Die probleem le by die gene

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.