Beseerde blouaap in KZN gered

(Foto: RUSA/Facebook)

ʼn Blouaap-wyfie is Donderdag in Tongaat, KwaZulu-Natal gered ná sy haar twee bene in ʼn bakleiery beseer het.

Lede van die Reaction Unit South Africa (RUSA) het omstreeks 11:47 reageer ná berigte dat sy nie kan beweeg nie. Sy is vroeër deur ʼn lid van haar trop aangeval.

“Beamptes het dadelik die Monkey Helpline gekontak. Kenner Steve Smith het by die toneel opgedaag en haar van die perseel verwyder.”

Sy sal behandeling ontvang en later weer in haar natuurlike habitat vrygelaat word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marius ·

Die blou ape en bobbejane in die woonbuurte maak net ‘n oorlas van hulself en moet verwyder word.

Cherokee ·

Jy praat STROOI. Hulle was daar laaank voor die woonbuurtes.

Cherokee ·

As jy nie in ons omgewing woon, sal jy hulle nie ken nie. Hulle is soos die duiwe op die strand, so wild soos hulle van habitat is, sal hulle op jou skouer klim as jy net ‘n lekkergoedjie aanbied. Sò snaaks dat, ‘n tortelduif is mak, mossie is mak, maar bosduif wat in jou plafon woon, sal jou nie aanvaar soos ‘n blouaap wat sommer net op jou skouer klim, (as jy mak lyk!).

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.