Beseerde se broer opgespoor

Willem Simon van As.

Willem Simon van As.

ʼn Broer van Willem Simon van As (61), wat onlangs ernstige beserings in Port Elizabeth opgedoen het, is spoedig opgespoor.

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die broer het Dinsdagoggend met die ondersoekbeampte in verbinding getree kort nadat inligting van Van As in die media versprei is.

Maroela Media het vroeër berig Van As is op 4 Junie in die Livingstone-hospitaal opgeneem nadat hy glo van trappe by ʼn gebou afgeval het.

Swart het almal bedank wat die polisie bygestaan het in hul poging om Van As se naasbestaandes op te spoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Leeukop ·

Dankie Maroela dat julle deelneem, nie alle media steur hulle aan om mense te help nie. Weet iemand dalk al of die pa wat sy babaseuntjie dalk vermoor en weggery het soos berig in gister se artikel, al opgespoor is?

Delia ·

Dankie tog, so bly….
Dankie ook aan MM vir die vinnige terugvoer!

Gesiggie ·

So baie dankbaar vir dit….hoop dat als goed sal gaan met Mnr van As ( Maroela Media… Maybe moet ons as lesers ons eie opsporings veldtog begin…waar jul… fotos van al hierdie moordenaars op Maroela Media sit… sodat indien dalk enige iemand wat hul foto gesien het, dalk net maybe word hul raak gesien…en dan vinnig gevang… ) want hul verdwyn net… dalk werk jul metode beter… en Ja… ek vra ook soos Leeukop….??? enige nuus van daai Pa wat sy seuntjie dalk vermoor het???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.