Beseerde vrou lê twee dae in veld

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn Vrou van Limpopo moes twee nagte lank buite in die reën lê nadat sy haar enkel gebreek het terwyl sy in ʼn bergagtige gebied gras gesny het.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê Martha Thobejane (50) het Sondag saam met ʼn groep vroue van die Matloulela-nedersetting in Maake, sowat 50 km wes van Gravelotte in Limpopo, in die Lekgalametse-natuurreservaat gaan gras sny.

Terwyl die vroue in die berge in die reservaat besig was, het Thobejane gegly en haar enkel gebreek. “Van die vroue het by Thobejane gebly, terwyl die ander geloop het om hulp te ontbied,” het Otto gesê. “Die lugvleuel van die SAPD het probeer om by die beseerde vrou uit te kom, maar weens die reën, mis en bewolkte weer kon hulle nie die gebied bereik nie.”

Lede van die polisie se soek-en-reddingseenheid, honde-eenheid en noodwerkers van Makhado en Giyani is ontbied en kon uiteindelik Dinsdagoggend vroeg daarin slaag om die plek te bereik waar Thobejane gelê het. Hulle het haar op ʼn draagbaar geplaas en uit die bergagtige omgewing verwyder.

“Dit was nie maklik nie en dit het noodwerkers ʼn hele dag geneem om haar na veiligheid te bring,” het Otto gesê. “Soms was die terrein so onbegaanbaar dat hulle beurte moes maak om die vrou op hul rûe te dra.”

Thobejane is na die Dr. CN Phatudi-hospitaal in Maake geneem waar sy tans aansterk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

SNEL ·

Goeie aarde, arme vrou, van Sondag af tot Dinsdag in die koue, sy het seker amper verkluim. Ek was laas as kind geabba, as so iets met my gebeur sal hulle n WWE ou moet stuur (groot en gespierd), anders moet hul maar komberse en ietsie te ete en drinke stuur tot hulle beter toerusting het om my te kom haal. Hoop sy is sommer gou weer op die been.

elizabeth ·

Lekr lag ek nou vir jou Snel..ek sou selfde moes optree as jy.
Maar dit laat mens wonder..so ongelooflik klipperig en onherbergsaam en hul sny gras daar?

Lodewyk ·

Die gras wat hul daar sny is om hul hutte se dak daarmee te bedek of vir lapas wat hulle oprig.
Dit is nie gras sny soos met `n grassnyer of iets dergliks nie.

Shame ·

Shame man jy is ‘n dapper vrou wat oorleef het. Word gou gesond!!!!

TM ·

Stem saam. Hoeveel mense slaap elke nag buite en ons aanvaar dit net as net nog ‘n dag vir hulle

Cherokee ·

Omdat dit ons dankbaar maak vir die lekker lewens wat ons geniet.

rose ·

Ek het skoon Hartseer geraak toe ek die berig lees. Dit doen my hart goed om te sien dat mense tog vir mekaar omgee.om iemand so te abba in a baie moeilike terrein en die vrou wat by haar gebly het , wys jou mense getog om al dink ons nie altyd so.

Piet Pompies ·

Hierdie mense leef van die aarde, die berig se opskrif van gras sny kan misleidend wees. Sy kon gaan gras sny het om haar hut se dak reg te maak of dalk gras vir daardie grasdak langs ‘n Sandton huis se swembad. Mooi boodskap in die berig, die mense gee om vir mekaar en so ook die nood dienste. Ek wonder hoeveel klaers het al iemand uit ‘n nood situasie ge-abba.

Thea Gerber ·

Hulle sny wel gras hier in die reservaat vir dakke en lapas (dekgras), maar die meeste mense sny huidiglik vragte droeë en soms stowwerige dooie gras af in ‘n poging om hulle beeste aan die lewe te hou. Dit is ongelooflik droog en die veld is kaal hier in ons omgewing. Dit is hartverskeurend om te sien dat ‘n hele gesin langs die pad besig is om bondels gras te sny en op te laai as veevoer. Ek weet waarvan ek praat, want ek woon so ongeveer 5km van Legalametse af. Die Gravelotte verwysing is egter baie vreemd. Die vrou kom van Maake, wat baie naby aan Lenyenye is of dan 27km van Tzaneen af op die R36 na Lydenburg.

Susan ·

Dit is verblydend om te sien dat daar alternatiewe oplossings is.
Hoop sy is sommer gou beter.
O ja Gerda…. jy hoef dit nie te lees nie.
Geniet die voortdurende moord en doodslagartikels, maar daaroor kan jy seker ook galbraak.

Leana ·

Dis goed om sulke omgee-stories te lees. Wys jou dat daar mense is, wat nog vir hul medemens omgee. Wel gedaan!

Dankbaar ·

Baie dankie Maroela Media. Dis so lekker om n omgee artikel te lees. Ek voel baie jammer vir die wat voel humanity is nie nuuswaardig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.