Besending perlemoen by Polokwane onderskep

Polisielede op die toneel in Polokwane waar ‘n besending perlemoen gevind is. (Foto: SA Polisie)

ʼn Intelligensiegedrewe operasie bestaande uit lede van die polisie se eenheid vir bedreigde spesies en honde-eenheid, asook misdaadintelligensiebeamptes van die Wes-Kaap en ander polisielede het ʼn vermeende smokkelsindikaat in sy spore gestuit toe hulle laat Vrydagaand op ʼn besending perlemoen by Polokwane beslag gelê het.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, het gesê die polisie het inligting opgevolg oor ʼn verdagte grys Nissan-bakkie wat van Polokwane na die Beitbrug-grenspos op pad was. “ʼn Voertuig wat aan dié beskrywing voldoen, is in ʼn straat opgemerk, afgetrek en deursoek.”

Altesame 37 bokse perlemoen met ʼn geraamde waarde van R7 miljoen is in die voertuig gevind. Die drie insittendes is in hegtenis geneem, het Ngoepe gesê.

Die perlemoen is sowat R7 miljoen werd. (Foto: SA Polisie)

“Die oorsprong en bestemming van die verdagtes én die perlemoen sal deur die ondersoekspan bepaal word.”

Die drie verdagtes sal binnekort in die Polokwane-landdroshof verskyn op aanklagte dat hulle die Wet op Bedreigde Spesies oortree het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Fanie ·

In die week is ‘n Chinees maar tot 5jr gevangenisstraf gevonnis vir R1,8m se perlemoen. Asof dit nou ‘n afskrikmiddel vir die smokkelaars gaan wees. Tyd dat Justisie erns maak met die vonnisse vir kriminele.

Raakvatter ·

Ding is, met ‘n vonnis van 5 jaar kan die gevonnesde na ‘n 1/6 (10 maande) aandsoek doen om die vonnis na korrektiewe toesig te verander. Na na 10 maande se korrektiewe toesig (huis arres) kan aansoek gedoen word vir parool. Dus hopeloos te lig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.